Tucna sluit aan by Shoprite-saga
Die Vakbondkongres van Namibië (Tucna) het sy stem by ‘n lys organisasies gevoeg wat hul misnoeë uitgespreek het oor ‘n besluit deur Shoprite om voort te gaan met die dissiplinêre verhore van 142 werkers.
Die betrokke werkers is vir meer as twee jaar geskors en kan moontlik deur die maatskappy afgedank kan word.
Tucna se president, Paulus Hango, eis dat die multinasionale kleinhandelgroep onmiddellik die klagtes laat vaar en die dissiplinêre proses teen die Namibiese werkers staak.
Hy sê indien Shoprite nie die dissiplinêre klagtes laat vaar en met die werkers en hul vakbonde in gesprek tree om ‘n aanvaarbare loon te verseker nie, sal verbruikers moet vra hoekom hulle moet voortgaan om ’n maatskappy, wat werkers se regte verguis en hulle uitbuit, te ondersteun.
Hango het die maatskappy daarvan beskuldig dat hy ‘n speletjie van “verdeel en regeer” speel deur mededinging wat tussen vakbonde bestaan tot hul eie voordeel te misbruik.
“Shoprite het berug geword vir die skending van regte en wette wat Namibiese werkers raak. Die maatskappy moet tot orde geroep word om ‘n einde aan hul swak arbeidspraktyke te maak.
“Die werkers het aan die staking deelgeneem om hulself teen diskriminerende en eensydig afgedwonge salarisverhogings te beskerm. Ons salueer hul dapper weerstand en ondersteun hul stryd vir geregtigheid, respek en waardigheid.
“Eerder as om met die werkers in gesprek te tree oor hul eise vir beter lone, vervoertoelae en mediesefondsbystand, het die maatskappy dissiplinêre optrede verkies. Eerder as om toe te gee aan die werkers se billike eise vir beter werksomstandighede, het die maatskappy verkies om groot bedrae aan dissiplinêre verhore te bestee,” het Hango gesê.
Volgens Hango verdien die gemiddelde Shoprite-werker ongeveer N$1 500 per maand of selfs minder. Werkers ontvang ook nie vervoertoelae nie en moet tussen N$480 en N$960 maandeliks aan vervoer bestee, afhangende van waar hulle woon.
Afgesien hiervan moet hulle gemiddeld N$1 000 vir huur betaal voor hulle daaraan kan dink om kos, water, gas (om mee te kook, aangesien die meerderheid nie toegang tot elektrisiteit het nie) en ander basiese noodsaaklikhede te koop.
“Shoprite spog dat hy in 2016 ‘n omset van N$130 miljard gehad het. Dit is welvaart wat deur die einste werkers geskep is, maar die geleentheid om deel te wees daarvan, word hulle ontneem.
“Dit sal ‘n werker van Shoprite 133 jaar neem om te verdien wat die uitvoerende hoof, Whitey Basson, in ‘n maand verdien.”
Hango het Shoprite ook gekritiseer omdat hulle op ‘n permanente grondslag deeltydse werkers in diens het, wat eintlik voltyds, maar op ‘n deeltydse grondslag werk, met kontrakte wat vir ‘n maksimum van 45 werksure per week voorsiening maak - wat die standaard aantal werksure per week vir voltydse werknemers is.
Hy het daarop gewys dat ‘n ondersoek deur die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping in Augustus 2015 bevind het dat ‘n praktyk van segregasie in die werkplek by Shoprite/Checkers-kleinhandelaars bestaan en dat werkers met deeltydse kontrakte laer salarisse as voltydse werkers in dieselfde poskategorieë ontvang.
Die ministerie het gevolglik aanbeveel dat werkskontrakte hersien moet word om enige voorsiening, definisie, verwysing of kwalifiserende kriteria van een werkerskategorie, wat minder gunstig as die ander is, verwyder moet word.
“Die ministerie het gesê werkskontrakte behoort in ooreenstemming met die arbeidswet gebring te word. Shoprite is ook aangesê om betroubare regverdiging te verskaf waarom werknemers op vastetermynkontrakte aangestel word eerder as om hulle voltyds in diens te neem soos deur die gewysigde Arbeidswet van 2007 bepaal word. Dit is nie duidelik of Shoprite dit aanvaar en of enige van dié aanbevelings in werking gestel is nie.”
Hy het ook die beweerde afwesigheid van formele interne grieweprosedures of ’n dissiplinêre kode by Shoprite bevraagteken en sê dit laat die maatskappy toe om, wat dissiplinêre aangeleenthede betref, te doen wat hy wil.
“Die uitreiking van geskrewe en finale waarskuwings sonder verhore blyk die verkose taktiek te wees. Besluite rakende werkers se salarisse en diensvoorwaardes word in Suid-Afrika geneem met Shoprite Namibië wat geen magte het nie en gevolglik nie aan die vereistes van die Namibiese arbeidswet kan voldoen nie - veral wat die verpligting van kollektiewe bedinging betref.”
Hango het die maatskappy ook daarvan beskuldig dat hy die feit ignoreer dat werkers in spesifieke posisies werk, ongeag wat hul aanstellingsbriewe aandui.
“Werknemers word gereeld gevra om ander take te vervul. Dit mag die rede wees waarom Shoprite nie skoonmakers in diens neem nie en van werkers verwag om ná hul normale skofte sonder betaling oortyd te werk,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie