Tuindorp se rommel verwyder
Een van die vragmotors wat rommel in Okahandja verwyder, het op 22 Maart onklaar geraak. Die vragmotor is volgens die waarnemende uitvoerende hoof van die munisipaliteit, mnr. Pesella Nunda, reeds weer herstel. “Die vragmotor kon nie op daardie Maandag die vullis op sy roete optel nie en het dit die volgende dag gedoen. Dus is al die vullisdromme op dié roete 'n dag later leeggemaak. Dit het tot gevolg gehad dat baie mense hul vol dromme weer terug in hul erwe geplaas het en nie weer die volgende dag uitgesit het nie. Die skedule was daardeur bietjie deurmekaar, maar is nou weer terug na normaal,” het hy Dinsdag gesê. Foto argief
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie