TUN su00ea Hanse-Himarwa moet die trekpas kry
TUN su00ea Hanse-Himarwa moet die trekpas kry

TUN sê Hanse-Himarwa moet die trekpas kry

Ondanks bedankings vir goeie samewerking, het die Onderwysersunie van Namibië die Namibië Nasionale Onder­wysersunie daarvan beskuldig dat dit onder politieke druk van die regering geswig het.
Estelle de Bruyn
Die Onderwysersunie van Namibië (TUN) wil hê die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, moet uit haar pos ontslaan word.

Die visepresident van die TUN, mnr. Ndjizuvee Haakuria, sê in ''n verklaring Hanse-Himarwe “moet dit nie persoonlik opneem nie” en dat hierdie beroep en ''n soortgelyke een deur die sekretaris-­generaal van die Namibië Nasionale Onderwysersunie (Nantu), mnr. Basilius­ Haingura, bloot die wens van die meerderheid onderwysers in Namibië verwoord.

Die TUN stel voor dat ''n referendum oor Hanse-Himarwe se toekoms gehou word.

Haakuria het in ''n verklaring onderwysers bedank vir hul eensgesindheid oor die staking wat verlede Maandag ten einde geloop het.

“Onderwysers het hul verskille opsy gesit en as een saamgestaan. Die TUN hoop dit sal die nuwe manier van samewerking wees wanneer gemeenskaplike probleme die hoof gebied word,” lui die verklaring.

Ondanks die versoenende woorde, kry Haakuria ook ''n dwarsklap na Nantu in. “Dit is duidelik uit die ooreenkoms wat bereik is, dat Nantu die eise en belange van die onderwysers wat hulle dien, gefaal het en dat hulle onder politieke druk geswig het.

“Die Namibiese regering se gesind­heid as werkgewer is erger as die private sektor s''n. Dit word net deur staatsondernemings geëwenaar. Dit is gekenmerk deur onnodige vertragingstaktiek, dreigemente teen en intimidasie van onderwysers. Daar was geen rede vir die uitgerekte geveg tussen die regering en onderwysers nie, aangesien ''n minlike skikking bereik kon word sonder om tot ''n staking oor te gaan.

“Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het geen respek vir die wette van die land nie en was gereed om teen die letter en gees van artikel 76 (3) van die arbeidswet op te tree, met agterbakse planne om personeel landwyd te ontplooi om in die plek van stakende onderwysers, onder die voorwendsel van vrywilligheid, te werk. Sulke optrede van die kant van die werkgewer het nog nooit in die land plaasgevind nie en ondermyn die wese van ''n staking en vakbonde se mag en doeltreffendheid.

“Die TUN het Nantu gewaarsku teen die gebruik van vakbonde om met hul werkgewer uit te eet en te slaap. Dit is ons opregte hoop dat Nantu uit hierdie oefening geleer het dat daar niks te wen is uit onheilige alliansies nie, behalwe om werkers se belange te verpand en die belange van die werkgewer te bevorder,” sê Haakuria.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!