TUN steun Nantu oor verhogings
TUN steun Nantu oor verhogings

TUN steun Nantu oor verhogings

Onderwysers sê regeringsaanbod is beledigend
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Namibiese Onderwysersunie (TUN) is reg om sy lede aan te sê om te staak indien die ministerie van onderwys, kuns en kultuur nie Maandag ernstig met die Namibië Nasionale ­Onderwysersunie (Nantu) oor salarisverhogings onderhandel nie.
Nantu het aanvanklik 12% gevra en die ministerie het 5% aangebied.
Mnr. Ndjizuvee Haakuria, die adjunkpresident van TUN, sê 5% is ’n belediging, veral vir onderwysers wat nog in modderhuisies bly en kinders onder bome onderrig. Hy is ook gekant teen die evaluering van prestasieooreenkomste terwyl die werksomstandighede van onderwysers landwyd baie moeilik is.
Haakuria het ook geen geduld vir die regering se verskoning dat die land tans ’n erge droogte beleef nie.
Volgens hom onderhou elke tien ­werkende Namibiërs nóg sewe wat nie werk nie en meestal onder die kwesbare groepe is, soos kleuters en bejaardes. Dus onderhou baie onderwysers ander burgers en sal die ver­hoging van onderwysers se vergoeding ook die res van die nasie help. Hy sê die droogte is juis rede om vir onderwysers hul verhoginge te gee as om dit nie te doen nie.
“As die regering misluk om aan die eise van die onderwysers te voldoen, moet hulle die volgende in ag neem: TUN is reg om die onderwysers te radikaliseer en sal enige goeie aksie ondersteun wat uiteindelik die voorspoed van onderwysers sal ver­seker. TUN sal die regering herinner aan die lesse van die verlede en die ­suksesvolle stakings van 2012,” het hy gesê.
Die vakbondleier het ook gewys op die gebruik van prestasieooreenkomste om onderwysers te evalueer. Skoolhoofde is eers in Julie en Augustus hierin opgelei en weens die eksamens wat aan die gang was, het hulle nie tyd gehad om dit met die onderwysers te bespreek nie.
Tweedens werk onderwysers in Namibië onder moeilike omstandighede, sonder toerusting of klaskamers, en bied dikwels vakke aan waarin hulle nie opgelei of voor geskik is nie. Hy sê die “spertyd vir die ondertekening van die ooreenkomste is in sommige streke reeds vir 23 Augustus gestel en in ander streke is dit 31 Augustus”.
Hy meen onderwysers sal op die ou end kontrakte onderteken wat hulle nie bestudeer het nie. Hy sê die re­gering moet eerder fokus op die uitdagings van onderwysers wat in tente of tydelike klaskamers kinders moet onderrig as om hulle deur middel van sperdatums te forseer om die ooreenkomste te onderteken.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!