Tuna vervang Janry voor sewestoer
'n Besering is gister as die “hoofrede” vir Du Toit se laat weglating voorgehou.
Andrew Poolman - 'n Omstrede laat verandering is aan die Namibiese sewesrugbyspan aangebring wat gister na Johannesburg vertrek het vir die komende naweek se Afrika-kampioenskap wat ook as die Olimpiese kwalifisering dien.
Janry du Toit is ná Maandagaand se oefening van sy weglating in kennis gestel, met Tuna Amutenya wat sy plek inneem.
Du Toit het na verneem word in 'n stadium 'n ligte bobeenspierkwaal gehad, hoewel hy Maandagaand saam geoefen en geen teken van ongerief gewys het nie.
Die Namibië Rugby-unie (NRU) se visepresident vir rugbysake, mnr. Ivan Gaya, het aan die koerant gesê verslae van die mediese span was die hoofrede vir die besluit oor Du Toit.
“Ons kan nie beseerde spelers saamvat nie. 'n Afrigter kan summier huis toe ontbied word indien bevind word dat spelers met beserings op toere geneem is wat nie deur die mediese span vrystelling gegee is nie, soos wat met die mees onlangse sewestoer na Zambië gebeur het (toe Les Bougard nog die afrigter was).”
Du Toit (23) se vorige sewes-ondervinding sluit die Hongkong-sewes van twee jaar gelede in. In vyftienmanrugby is hy by die afgelope Wêreldbeker in Japan net 30 minute in een wedstryd, teen die All Blacks, gebruik.
Gaya het die koerant se inligting bevestig dat Du Toit dalk voor stok gekry word oor 'n ondeurdagte uitlating aan rugbymedia ná die wedstryd teen die All Blacks.
Die betrokke uitlating, in antwoord op 'n vraag deur die toernooi se geakkrediteerde media oor die geldelike stand van rugby in Namibië, het die strekking gehad dat korrupsie in die land daartoe lei dat spelers steeds redelik swaar kry en dat geldbestuur in die algemeen nogal “moeilik” is.
Google-uitslae dui egter daarop dat geen mediaberigte hieroor verskyn het nie, buiten vir die wagwoord-beskermde mediasone van RugbyWorldCup.com waartoe net geakkrediteerde media toegang het.
Volgens Gaya word die feite van die saak nog ondersoek. Die NRU visepresident vir bestuursake, mnr. Walter Don, het gesê hy is ook nie genoegsaam oor die saak ingelig nie.
Net voor druktyd gister het die Namibiese spandokter, dr. Vernon Morkel, soos volg gereageer op navrae oor Du Toit se besering: “Weglating? Hoor nou eers daarvan. (Janry) is verlede Maandag deur die dokter (ek) en fisioterapeut (mnr. Innis Erasmus) en deur die sonartoets 100% fiks verklaar. Daar is natuurlik 'n ander rede vir sy weglating, maar nie medies nie.”
Hamutenya, Du Toit se klubmaat by FNB Wanderers, het ook ervaring van verskeie sewestoere en is van die kortlys af nader geroep om as 'n aanvaller agterlangs sy plek in te neem.
BLITSBOK GEE INSETTE
Op kort kennisgewing het die uitgetrede Blitsbok-sewesspeler Frankie Horne hom Maandagaand by die Namibiese span as 'n tegniese raadgewer vir die komende toernooi aangesluit.
Horne (36) is sonder teëspraak een van die legendes van Suid-Afrikaanse sewes. Hy was onder meer die eerste speler wat in vyftig opeenvolgende toernooie in die HSBC Wêreldreeks in aksie was en bring dus 'n skatkis van ondervinding en sukses.
“Frankie se aansluiting is 'n gesamentlike inisiatief tussen die NRU en die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee in die aanloop tot volgende jaar se Olimpiese Spele,” sê Gaya.
“Die NNOK het dit vir ons moontlik gemaak om hom hierheen te bring, nadat die SA Rugby-unie hom vir ons aanbeveel het. Sy betrokkenheid is deels ter ondersteuning van David Philander, wat nog redelik nuut in afrigting is.
“Terwyl Frankie in Windhoek was, was daar ook geleenthede waar hy afrigting in sewes aan klubspelers en -afrigters oorgedra het. Ons hoop om sy kundigheid later ook maksimaal aan te wend.”
KENIA DIE GROOT HOND
Komende naweek se wenspan bespreek sy plek na die Olimpiese Spele, terwyl die verslane finalis ook uitnodigings na minstens twee toernooie in die HSBC Wêreldreeks (Dubai en Hongkong) sal losslaan.
Soos vir al die spanne, sal dit ook Namibië se gróót mikpunt wees om vir die eindstryd te kwalifiseer.
Kenia bly soos altyd die swaargewig in Afrika-toernooie van dié aard. Die ander verwagte deelnemers is Botswana, Ghana, Ivoorkus, Madagaskar, Mauritius, Marokko, Namibië, Nigerië, Senegal, Tunisië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Afrigter David Philander se manne sal na verwagting teen Tunisië open.
“Ons het die afgelope weke goed voorberei onder die omstandighede, al het ons nie baie tyd gehad nie. Frankie se aansluiting was ook baie leersaam vir ons as groep en vir my as afrigter. Ons het 'n paar kleinerige wysigings aan van ons planne aangebring, so ons sien baie uit na die uitnodiging en ons het positiewe verwagtinge om goed te vaar.”
Philander het as afrigter by Bougard oorgeneem ná afloop van die Zambië Internasionale Sewes in Lusaka, 'n opwarmgeleentheid waar Namibië derde geëindig het. Sy spelersgroep verskil egter heelwat van dié toer.
Hy het ook 'n nuwe kaptein aangewys, naamlik die FNB Unam-flank Cameron Langenhoven wat in sy eerste sewestoernooi vir Namibië speel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie