Turkcell sê MTN-eis gaan hof toe
Niel Joubert
MTN sit met nog 'n kopseer wat hom dalk miljarde kan kos.
Volgens Turkcell is die eis van US$4,2 miljard teen MTN op pad hooggeregshof toe. Dié Turkse telekommunikasiemaatskappy beweer dat 'n gesogte selfoonlisensie wat Iran aan MTN toegestaan is, Turkcell toekom.
Volgens Turkcell het hy die lisensie in 2004 gewen en MTN se bod was tweede.
MTN het volgens Turkcell die lisensie in 2005 onwettig bekom nadat die oorspronklike toekenning omgekeer is. MTN het dit gedoen deur omkoopgeld te betaal en deur korrupsie, beweer Turkcell.
Sedertdien doen MTN sake met Iran se eerste private selfoonlisensie as MTN Irancell.
In 2013 het Turkcell sy eis in die hooggeregshof in Johannesburg teen MTN ingedien.
Volgens Turkcell het die hooggeregshof op 5 Mei 29 besware van MTN van die hand gewys en die weg gebaan vir die hofaansoek om voort te gaan.
MTN het tot 30 Mei gehad om aansoek te doen om verlof tot appèl, maar hy het nie, sê Turkcell in 'n verklaring.
“Ons glo ons het 'n baie sterk eis,” sê Serhat Demir, hoof van regsake en regulasies van Turkcell.
Die eis van US$4,2 miljard is bereken volgens die wins wat Turkcell aanvoer hy sou verdien het met die lisensie toe dit die eerste keer aan hom toegestaan is. Hy eis ook rente op daardie geld.
Turkcell beweer dat MTN Suid-Afrikaanse en Iranese regeringsamptenare omgekoop het en gepoog het om Suid-Afrika se stem by die Internasionale Atoomenergie-agentskap rakende sanksies teen Irak te beïnvloed.
MTN is in Mei nóg 'n boete in nog 'n land in Afrika opgelê. MTN Rwanda word met US$8,5 miljoen beboet. Dit handel oor die nienakoming van riglyne wat die land se reguleerder uitgereik het en omdat MTN sy inligtingstegnologiedienste (IT) buite Rwanda bedryf, wat 'n oortreding van sy lisensievoorwaardes is.
Die reguleerder sê op sy webwerf dat MTN Rwanda sy IT-dienste vanuit Uganda bedryf, wat hy verbied het.
'n Boete van US$5,2 miljard is in Oktober 2015 in Nigerië aan die maatskappy opgelê. Ná uitgerekte onderhandelinge is dit op 10 Junie 2016 tot US$1,7 miljard verminder.
Dit het gevolg nadat MTN miljoene selfoonnommers waarvan gebruikers se adres nie geverifieer is nie, nie betyds van sy netwerk ontkoppel het nie. Dit is 'n vereiste om misdaad te bestry ingevolge wetgewing soortgelyk aan Suid-Afrika se Rica-wetgewing.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie