Turke steun woestynnavorsing

Tanja Bause
Die Turkse Samewerkings- en Koör­dineringsagentskap (Tika) het 'n bakkie aan die Gobabeb-navorsing- en opleidingsentrum in die Namibwoestyn geskenk.

Mnr. Abdulkadir Abukan, 'n verteenwoordiger van Tika, het genoem Turkye is in 2016 as die vrygewigste land aangewys wat buitelandse hulp per bruto binnelandse produk (BBP) betref.

Die land het skenkings van sowat US$6 miljard wêreldwyd gemaak.

“Ons is baie beïndruk met die werk wat by Gobabeb gedoen word. Ons is verheug om op hierdie manier die werk wat gedoen word, te ondersteun en om die volgende geslag Namibiese wetenskaplikes te help oplei,” het Abukan gesê.

Gobabeb is in die rooi duine van die Namibwoestyn geleë en bied aan beide internasionale en Namibiese studente en wetenskaplikes die geleentheid om in een van die wêreld se voorste droëland-navorsing­sentrums te werk.

Gobabeb beoog om kennis van droë omgewings in te samel, te verstaan en te deel sodat waardering vir die Namibwoestyn en sy waarde gekweek kan word.

“Die bakkie is die perfekte voertuig vir die navorsingstasie,” het dr. Gillian Maggs-Kölling, Gobabeb se uitvoerende direkteur, gesê.

“Dit is rats genoeg om ons navorsers oor die rowwe sandseeterrein van die Namib te vervoer, maar ook groot genoeg om toerusting en ses passasiers op 'n slag te kan vervoer. Sy brandstofverbruik is boonop doeltreffend - wat vir ons altyd belangrik is.“

Me. Ritha Kapitango, navorsingstegnikus, verwelkom die bakkie as navorsingsinstrument.

“Ek kan jou nie sê hoeveel keer ek die duine moes uitklim terwyl ek toerusting dra nie. Dit gaan navorsing baie makliker en doeltreffender maak.”

Hoewel dit tradisie is om 'n spesiale geskenk met 'n rooilintseremonie te vier, is 'n groen lint, wat die Welwitschia simboliseer, gebruik.

“Die Welwitschia is een van die meer charismatiese plante wat inheems aan die Namibwoestyn is en dit lyk 'n bietjie soos 'n lint. By Gobabeb bevorder ons graag alles wat groen is - veral ons inheemse­ plantelewe,” het Maggs-Kölling gesê.

Tika is betrokke by projekte in meer as 100 lande op vyf vastelande.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!