Turkye bied opleiding vir plaaslike owerheidspersoneel
Die Turkse ambassade in Namibië het jong werknemers by plaaslike owerhede in die land uitgenooi om aansoek te doen vir die internasionale internskapprogram wat jaarliks deur die Unie van Munisipaliteite in Turkye aangebied word.
Die doel is om deelnemers aan die program deur middel van praktiese voorbeelde, sosiale en kulturele aktiwiteite en veldbesoeke aan plaaslike owerhede, beter toe te rus vir hul toekomstige leierskaptaak by plaaslike owerhede.
Die program word sedert 2012 aangebied en word jaarliks bygewoon deur deelnemers uit Europa, Asië, die Midde-Ooste en Afrika.
Dit vind vanjaar van 18 – 29 Augustus plaas en belangstellendes moet voor 31 Mei aansoek doen deur 'n e-pos na [email protected] te stuur .
Deelnemers se koste word deur die Turkse Unie van Munisipaliteite gedek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie