Turkye: Nog baie is vas oor Gülen-bande
Die Turkse owerhede het sedert die mislukte staatsgreep verlede jaar reeds meer as 47 000 mense in hegtenis geneem.
Altesaam 25 mense is gister in Turkye in hegtenis geneem en meer as 200 beamptes tydelik geskors weens vermeende bande met die geestelike leier, Fethullah Gülen.
Volgens berigte maak dit steeds deel uit van die reuseveldtog teen Gülen se ondersteuners.
Hy en sy ondersteuners word deur pres. Recep Tayyip Erdogan en sy regering daarvan beskuldig dat hulle op 15 Julie verlede jaar probeer het om die regering omver te werp.
Sowat 250 mense is dié nag in skermutselings in Ankara en Istanboel dood, terwyl meer as 1 500 mense beseer is. Dosyne rebelle het egter in die vroeë oggendure van 16 Julie hul tenks in die strate van Istanboel gelos en op die vlug geslaan.
Gülen, 'n voormalige politieke bondgenoot van Erdogan, is een van die wêreld se invloedrykste Moslems en bepleit dialoog en verdraagsaamheid tussen gelowe. Hy benadruk ook die belangrikheid van onderwys en opleiding, asook die aanvaarding van wetenskap.
Erdogan het die afgelope maande verskeie kere onderneem “om alles moontlik” te doen om van Gülen se ondersteuners ontslae te raak.
Die Turkse regering het ook versoek dat Gülen, wat in die VSA woon, aan Turkye uitgelewer word.
In 'n regeringsverklaring gister is bekend gemaak dat meer as 70 klopjagte in die suidooste van die land uitgevoer is en dat 106 van Gülen se ondersteuners, of “geheime imams”, die afgelope twee dae in hegtenis geneem is. Hulle word aangehou op grond daarvan dat hulle lidmaatskap het van “'n gewapende terreurorganisasie” en dat hulle “lede werf”.
Volgens die verklaring is 41 mense nog voortvlugtend, met vyf van hulle in die buiteland.
Woensdag is 1 120 “geheime imams” in ander provinsies in die land in hegtenis geneem aangesien hulle glo opdragte gegee het aan volgelinge in die polisie.
Die koerant The Daily Hurriyet het berig dat Turkye se intelligensie-agentskap 'n beskadigde mikroskyfie herwin het wat glo die name van 7 000 “geheime imams” wat by staatsinstellings werksaam is, bevat.
Volgens Anadolu is 236 polisiebeamptes in sewe provinsies gister uit hul poste geskors hangende ondersoeke na hul betrokkenheid by die Gülen-netwerk.
Die Turkse polisie het egter laat Woensdag bekend gemaak dat 9 103 beamptes geskors is. Dit is nie bekend of die 236 deel is van dié getal nie.
Erdogan se grootskaalse skoonmaak-operasie ná die mislukte staatsgreep het meegebring dat meer as 47 000 mense gearresteer is en 'n geraamde 100 000 staatsdienswerkers ontslaan is.
Gülen ontken dat hy enigiets met die 15 Julie-voorval te doen gehad het.
Die Duitse regering het die inhegtenisnemings Woensdag veroordeel. – Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie