Turkye het 'n oop hand vir humanitêre nood – Tulun
Turkye volg die 'vrede tuis, vrede in die wêreld'-beginsel.
Ronelle Rademeyer
Turkye het 'n ondernemende en mensgerigte buitelandse beleid wat genoodsaak word deur die feit dat dié land in 'n geografiese gebied geleë is wat deur politieke onrus gekenmerk word.
'n Bewys daarvan is die meer as 4 miljoen vlugtelinge in Turkye, waarvan meer as 3,5 miljoen uit Sirië daarheen gestroom het. Dit het al US$31 miljard gekos, wat veel meer is as wat deur die internasionale gemeenskap beskikbaar gestel is.
Die Turkse ambassadeur in Namibië, me. Berin Tulun, sê Turkye gedenk op 29 Oktober 95 jaar sedert sy republiekwording in 1923 toe dié land ná die ontbinding van die Ottomaanse ryk deur Ghazi Mustafa Kemal Atatürk gestig is.
Sedertdien volg Turkye die “vrede tuis, vrede in die wêreld”-beginsel soos dit deur Atatürk uiteengesit is, en tree as verantwoordelike lid van die internasionale gemeenskap op.
Tulun sê in die lig van sy buitelandse beleid handhaaf Turkye vennootskapstrategieë met verskeie streke.
“Turkye het verskeie trilaterale en multilaterale meganismes en streekinisiatiewe gevestig om interstreeklike vertroue en samewerking te verbeter,” sê sy in 'n verklaring.
Voorts probeer Turkye ook ekonomiese bande deur middel van vrye en voorkeurhandelsooreenkomste, en stimuluspakkette verbeter.
Sy sê Turkye se buitelandse beleid is tegelykertyd humanitêr en deugsaam deurdat dit vrede, harmonie, sekuriteit en voorspoed vir alle mense nastreef.
Daarom reik dié land 'n helpende hand uit na alle mense wat ly en swaarkry.
Tulun wys verder in haar verklaring daarop dat Turkye wêreldwyd as die nommer 1-land in terme van humanitêre hulp bestempel word. Verlede jaar het dit US$7,2 miljard beloop.
Verskeie Turkse nieregeringsorganisasies (NGO's) en organisasies soos die Turkse Rooikruisvereniging en die Turkse Samewerkings- en Koördineringsagentskap (Tika) is betrokke by projekte oraloor die wêreld, sê sy.
Laasgenoemde agentskap het 61 kantore in 59 lande, wat die Windhoek-kantoor insluit.
In Namibië fokus dienslewering veral op gesondheid, onderwys, opleiding, landbou, besproeiing, water en sanitasie, vrouebemagtiging, sonenergie, kapasiteitsbou, natuurbewaring en humanitêre bystand.
Tulun wys daarop dat Turkye ontwikkelings in Afrika met groot belangstelling volg en daarom sy ambassades op die vasteland tot 41 vermeerder het.
Turkye se handel met Afrika het in 2017 altesaam US$18,8 miljard beloop. In lande suid van die Sahara was dit US$7,1 miljard.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie