Turnbull: N-Korea gaan die oorlog verloor
Die Australiese premier sê die Noord-Koreaanse leier is uittartend.
Die Australiese eerste minister, Malcolm Turnbull, sê ’n oorlog met Noord-Korea word by die dag ’n groter risiko en Kim Jong-un is besig om ’n selfmoordbrief te skryf.
Turnbull het Woensdagaand op Channel Nine se aktualiteitsprogram A Current Affair gesê Noord-Korea se gedrag word al hoe meer kommerwekkend nadat dié land ’n missiel oor Japan afgevuur het.
Turnbull het gesê Noord-Korea se missielplanne en ambisies sal vernietigende gevolge vir die land hê.
“As die leier van Noord-Korea op hierdie uittartende pad voortgaan, word die risiko vir oorlog al hoe groter.
“Die realiteit is egter dat as hy ’n oorlog begin, sal hy dit onmiddellik verloor. Dit sal selfmoord aan sy kant wees.”
Hy probeer om sy bure, Suid-Korea en Japan, te intimideer om vir hom te gee wat hy wil hê, sê Turnbull.
Hy probeer Amerika intimideer oor die ekonomiese sanksies wat teen Noord-Korea ingestel is.
Turnbull het ook gesê hy en die Japanse eerste minister, Shinzo Abe, het Woensdag oor Kim se roekelose optrede gepraat.
“Dit sal van China afhang om te voorkom dat die situasie vererger,” sê Turnbull.
Die internasionale gemeenskap is dit eens dat Kim Jong-un tot sy sinne gebring moet word. China moet die sanksies van die VN se veiligheidsraad opdwing soos hy onderneem het om te doen, het Turnbull gesê.
China het die vermoë om die ekonomiese skroewe aan te draai en die Noord-Koreaanse regering tot sy sinne te bring.
Kim Jong-un se optrede is onwettig, gevaarlik, roekeloos en uittartend, sê Turnbull. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie