Turnhalle, 1944
PEET VENTER (SNR) SKRYF:
Egipte en Rommel se tenks lê ver noord in die verskiet.
Sersant Peet Venter en sy makkers het in Durban aan wal gegaan. Toe die heuglike wedersiens op ’n plaas by Bergville in Natal.
Klein geskenkies uit Kaïro se smousbasaars het ons kinderharte verbly. My eerste knipmes, ’n Nuwe Testamentjie in leer met die piramide daarop geskilder; ook nog die mooi beursie met dieselfde prentjie op. Nou nog net die lang treinrit terug Windhoek toe, na ’n vae toekoms vol seepbelle.
Niks kon egter my trots op my sersantpa demp nie, veral tydens die fietsritte Turnhalle toe. Die sôllies moes fiks bly met verpligte gimnastiek in die Turnhalle.
Windhoek is ryk aan geskiedkundige geboue uit die Duitse koloniale era: die Alte Feste, Elizabeth Haus-kraamhospitaal, Tinten Palast en natuurlik die Turnhalle. Duitsers praat van "turnen" wanneer hulle gat-oor-kop bollemakiesie slaan, soos Tarzan teen toue opklim en wydsbeen oor houtpêre spring; tot die sweet hulle aftap en hul spiere bult.
En die saal was nie vir dans en troues nie . . . Net vir turnen.
Nou’s pa en ek per fiets op pad Turnhalle toe. Hy lift my. Sy handdoek onder my stert maak die rit meer gangbaar.
Majoor het ingestem dat sersant se seun kon saamkom gym toe. Die blink stewels saam met die khaki-kammaste trap ons op koers, dan bult af.
Êrens salueer ’n troepie en 'n sersant maak net arms styf in erkenning. Daardie keppie so mooi skuins oor sy kop laat my bors swel van pure trots.
Binne die Halle ruik als na politoer en sweet. Almal is geklee in wit frokkies en kortbroeke. Die mooi reguit lyne van ritmies springende manne soos één, boei my. Bene oop en toe, arms swaaiend links en regs soos één. Arm- en beenstote op die blink houtvloer. Soos één.
Die son trek al water toe pa en ek die styl bult na Christus Kirche toe opbeur. Dan trap-trap voor Emma Hoogenhout Primary en die Alte Feste suidwaarts verby na die soldatehuisies toe.
Ek wil ook eendag ’n sersant wees!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie