Tussen die lyne, annerkant en oor die mure
Die afgelope naweek kry Gesin des Boois in skottel-TV se bioskoop toe ook self die Namibiese rolprent The White Line onder oë.
Verlede jaar toe dit in plaaslike teaters gedraai het, kon ons nie by die takie uitkom nie.
Sjoe – wat 'n uitstekende stuk filmkuns (buiten vir 'n paar klein jakkalsies hier en daar).
'n Mens moet almal wat deel van die produksie was dubbeld en dwars gelukwens. Dapperrerige Daniëltjie wil nie name uitsonder nie, maar as hy drie móét kies, sal dit vroue wees: Desiree Kahikopo, Girley Jazama en Sunet van Wyk.
Die film verdien elke nominasie wat dit reeds losgeslaan het en ons hoop daar gaan meer wees.
Gegewe die tema van dié moewie, reken lesers wat “ken”, seker reeds hier gaat nou iets braafs volg? Nota: dapper beteken heeltemal iets anders.
Van die oues van dae, en minder vrydenkendes (ongeag geboortedatum) moet terstond net hier omblaai, terugblaai of iets anders in die kykers se visier plaas. Dis nou as die werklikhede van apartheid, ons gedeelde verlede en liefde sonder grense jou laat gru of kriewel.
Egte, en opregte emosie is soos die verstand se oortuigings nie sake wat hul deur wette, wetsbewakers en knuppels laat bestuur nie.
Ja: ons almal was (is) nie so nie en dit was waarskynlik nie in die jare 60 oral ewe erg nie, maar uiterstes is dikwels die greep waarmee kuns belangrike kwessies suiwer die kol wil maak tref.
Spreekwoordelik moet 'n goed opgevoede en ingeligte altyd tussen die lyne lees. Hoewel “lyn” vir die uwe opsigself te veel na “muur” stink . . .
En mure is ook figuurlik en simbolies. Buiten vir voorbeelde van die ware Jakob, soos die een tussen die VSA en Mexiko, waarop die Trump-regering US$25 miljard uitgegee het tot Uncle Joe Biden die monument vir afsluiting en vreemdelingevrees gesloop het. In onse Namdolla' – rofweg N$375 miljard!
Nuwe “gordyne”, van staal en beton of ander sigbare en onsigbare stene, kan nie die wêreld, met al sy swere en skete, 'n beter plek maak nie?
Tensy ons terugstrewe na die tye van bloedbaddens buite en binne gefortifiseerde kastele; as ons lus is om mekaar voortdurend met katapulte en ander wapens te vernietig. Dink net hoe maklik slinger ons mekaar die slegste toe.
Teenoor mure, riviere en elke vorm van skeiding staan brûe; bande wat jy aan flarde moet skiet as jy ten alle koste afstand wil behou.
Hierdie dinge is feitlik onmoontlik in die neutedorp waarin die mensdom toenemend woon? En kan net groter skade, pyn en lyding saai as ooit tevore?
Gevaarlike goed: afsondering. En mure. Met ore . . .
Laat Dapper dink aan 'n spotprentreeks wat die legendariese Gene Travers in die laat jare 90 geteken het. Dit was nou toe die stryd tussen verlig en verkramp, die DTA en die oorblyfsels van die Natte, soos sedert die laat sewentigs baie fel gewoed het.
Dokta Gene het leiers geteken wat hulself stap vir stap, so tussen die skerts en koggel deur, letterlik in 'n fort toegebou het. Die probleem: as die mure die dag tuimel, weet jy dalk glad nie hoe, waar, wat en met wie nie.
Sela.
Die wankelende Namibiese huis van korrupsie werk nie veel anders nie? En word nog net deur sekere skanse verdedig.
Wat The White Line opnuut tuisgedryf het: Ons moet onsself kan wees, met behoud van eie identiteit, en mekaar met liefde en respek behandel. Die liefde van die hart en lyf is bloot 'n punt op 'n baie groter skaal.
Sonder intense bewustheid van al die lyne en mure, wat daartussen en daaragter sit, en hoe om ons kapasiteit immer op elke vlak te vergroot, bly ons gevangenes. Van onsself en ander.
Nie net in die politiek nie, maar in ons gemeenskappe, op persoonlike vlak en in ons beroepe.
Gooi oop die vensters en die deure.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie