Tussen verbind en belowe
Minder as sewe weke voor Namibiërs gaan stem, bou verkiesingspolitiek uiteindelik meer stoom op.
In Walvisbaai het pres. Hage Geingob die naweek opposisiepartye en ander se kritiek van die tafel probeer vee met onder meer die uitspraak dat Swapo nie leë beloftes maak nie. Sy regering moet volgens Geingob nog vyf jaar gegun word om sy “verbintenisse” (nie “beloftes”) uit te voer.
Die agbare president moet Namibiërs verskoon wat baie onuitgevoerde beloftes raaksien. Die woordspel tussen “belofte” en “verbintenis” maak vir hulle nie ‘n verskil nie.
In dagblaaie op dieselfde dag word onder andere berig oor ‘n tekort aan water, toerusting, dokters en medisyne by Windhoek se staatshospitaal. By Mururani word water steeds gerantsoeneer en inentings teen longsiekte kan nie oral in die Noorde se kommunale gebiede plaasvind nie omdat entstof glo verval het. Die polisiemag kla opnuut oor ‘n tekort aan moderne toerusting, voertuie en mannekrag.
Hierdie is nie eens ‘n volledige opgawe van alleen gister se nuus wat pres. Geingob weerspreek nie. Die lys van nie-nagekome verbintenisse strek oor baie jare en selfs ‘n oorsigtelike opsomming sal nie in hierdie ruimte pas nie.
Nudo het die naweek nog meer staatswelsyn belowe as wat Swapo reeds in werking gestel het. ‘n Mens wonder met watter geld.
Hulle wil ook plaaspryse afdwing – ‘n uiters riskante oefening.
En dit is net van die beloftes wat ons al gehoor het . . .
Stemgeregtidges moet fyn luister, fyn lees en diep dink.
So sê ander
11 Oktober 2019
ABO-herdenking wys hoe om uit die verlede te leer
In Bloemfontein by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke waar die Vrouemonument se gedenknaald na die Vrystaatse hemel reik.
Met ’n minuut aandstilte vir die meer as 50 000 swart en wit vroue en kinders wat dood is . . .
In hedendaagse Suid-Afrika is geen ander plek meer gepas vir vandeesweek se herdenking van die aanvang van die Anglo-Boereoorlog (ABO) 120 jaar gelede op 11 Oktober 1899 nie. Hiér word lank nie meer net die dood herdenk van “onze heldinnen en lieve kinderen” nie, maar in die Tuin van Herinnering alle slagoffers s’n by name, sover bekend, wat in konsentrasiekampe onder die Britse verskroeideaardebeleid gesterf het. En die gesneuweldes van alkante op die slagveld se nagedagtenis word geëer.
Op die herdenkingskonferensie het ’n historikus uitgewys verbreekte Engelse beloftes oor politieke regte aan swart mense het juis tot die stigting van die ANC – in Bloemfontein – in 1913 bygedra.
Begrip is dus te put uit talryke lesse vir ons land uit hóé hier onthou word. As die wonde van 120 jaar gelede só rou is en die pyn só vlak, hoeveel te meer moet slagoffers van latere onreg se smart en skade nie verstaan word nie.
Die geskiedenis herhaal hom in Suid-Afrika met aanvalle op vroue en kinders en met xenofobiese geweld. Uit die verlede moet in die hede vir die toekoms geleer word. Daarmee stel die ABO-herdenking die voorbeeld.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie