Tussenverkiesing in Ncuncuni
Tussenverkiesing in Ncuncuni

Tussenverkiesing in Ncuncuni

'n Tussenverkiesing sal op 28 Maart in die Ncuncuni-kies­afdeling in Kavango-Wes gehou word. Dit is genoodsaak deur die ­dienende raadslid, me. Rosa Kavara, se afsterwe.

Volgens 'n verklaring is die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) in 'n gevorderde stadium met die voorbereiding en implementering van die verkiesing­skedule vir die aanbied van dié tussenverkiesing.

Volgens die wet op streeks­rade moet die ­verkiesingskommissie binne 90 dae nadat 'n vakature ontstaan het, 'n tussenverkiesing aanbied.

Bykomende registrasie van kiesers sal van 24 tot 27 Januarie plaasvind. Die ECN het 'n beroep op alle voornemende kiesers in die kiesafdeling wat nie geregistreer is nie gedoen om hulle te laat ­registreer.

Ten einde te registreer, moet 'n kieser 'n inwoner van die kies­afdeling wees, 18 jaar of ouer wees, 'n Namibiese burger wees en in staat wees om hom of haarself te identifiseer.

Die bykomende registrasie is op kiesers gemik wat nog nooit vantevore geregistreer was nie, diegene wie se adresse verander het sedert die vorige registrasie­proses en dié wat hul kiesers­kaarte verloor het.

Registrasiepunte sal van 08:00 tot 19:00 oop wees.

Op 24 Januarie kan by die Laer­skool Sitenda, die Junior Primêre Skool Singuruve, die Junior Primêre Skool Gcigco, die Naingopo-grenspos en die Junior Primêre Skool Naingopo ­geregistreer word.

Van 25 tot 27 Januarie vind ­registrasie by Myl 20 by die Laer­skool Ncumcara plaas. ­Registrasie kan op 24 en 25 Januarie by die Laer­skool Mavandje gedoen word en op 26 en 27 Januarie by die ­Gekombineerde Skool Sharukwe.

Op 25 Januarie vind ­registrasie by die Laerskool Hamweyi, die Shapirama-waterpunt en die ­Elcin-kerk in die Gcama-nedersetting plaas. Op 26 en 27 ­Januarie kan by die Laerskool Ncuncuni en die Laerskool Ncaute geregistreer word.

'n Mobiele registrasiepunt sal op 26 Januarie by die Laerskool ­Gcwatjinga en op 27 Januarie by die Gcaru-nedersetting beskikbaar wees.

Registrasiebeamptes het van Vrydag af opleiding in die ­regeringsaal op Rundu ontvang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!