Tussenverkiesing: Voorlopige uitslae
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het nog nie amptelik die uitslae van gister se vier tussenverkiesings in Khomasdal, Gobabis, Walvisbaai en Keetmanshoop aangekondig nie, maar inligting tot Republikein se beskikking dui aan Swapo-kandidate het in die hoofstad en op Gobabis gewen.
Hiervolgens sal mnr. Angolo Samuel die Khomasdal-kiesafdeling op die Khomas-streekraad verteenwoordig ná hy 1 227 stemme verwerf het.
Die LPM se me. Mara Baumgartner was tweede met 349 stemme, gevolg deur PDM se mnr. Regie Diergaardt met 326 stemme, en Swanu se mnr. Kauahuma Tjiunomuinjo met 202 stemme.
Op Gobabis het Swapo se mnr. Augustinus Tebele geseëvier met 1 409 stemme teenoor die LPM se mnr. Daniel Binga met 571 stemme, mnr. Braynie Modise van PDM met 277 stemme en die onafhanklike kandidaat, mnr. Elvis Kauesa, met 82 stemme.
Foto Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie