Tussenverkiesingsuitslae bevestig
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het die amptelike uitslae van gister se vier tussenverkiesings in Khomasdal, Gobabis, Walvisbaai Stedelik en Keetmanshoop Stedelik bekend gemaak.
Mnr. Angolo Samuel (Swapo) sal die Khomasdal-kiesafdeling in die Khomasstreekraad verteenwoordig nadat hy 1 227 stemme verwerf het. Me. Mara Baumgartner (LPM) was tweede met 349 stemme, gevolg deur mnr. Reggie Diergaardt (PDM) met 326 stemme en mnr. Kauahuma Tjiunomuinjo (Swanu) met 202 stemme.
Op Gobabis het mnr. Augustinus Tebele (Swapo) geseëvier met 1 409 stemme teenoor mnr. Daniel Binga (LPM) met 571 stemme, mnr. Braynie Modise (PDM) met 277 stemme en die onafhanklike kandidaat, mnr. Elvis Kauesa, met 82 stemme.
Op Keetmanshoop het die LPM gewen na hul kandidaat, me. Maxie Meliza Minnaar, 1 958 stemme verwerf het, gevolg deur mnr. Festus Shilimela (Swapo) met 1 306 stemme, en mnr. Abraham /Goagoseb (PDM) met 292 stemme.
Walvisbaai is deur die onafhanklike kandidaat, mnr. Knowledge Ipinge, met 1 636 stemme verower, gevolg deur me. Sirie Topulathana (Swapo) met 1 313 stemme, mnr. Jason Kenneth Iilonga, ook as onafhanklike kandidaat, met 436 stemme en mnr. Richard Hoaeb (PDM) met 208 stemme.
Op die foto sit die kiesbeampte, mnr. Kanime Kashuukile, ink op onafhanklike kandidaat, mnr. Knowledge Ipinge, se vinger voordat hy in die Kuisebmond-gemeenskapsaal gestem het. Ipinge het die Walvisbaai stedelike kiesafdeling verkiesing gewen. Foto Otis Finck

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie