• Tuisblad
  • Afrika
  • Tutu-egpaar vier herdenking met besoek aan hospitaal
Tutu-egpaar vier herdenking met besoek aan hospitaal
Tutu-egpaar vier herdenking met besoek aan hospitaal

Tutu-egpaar vier herdenking met besoek aan hospitaal

Ischke De Jager



Emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu en sy vrou, Leah, het Maandag hul 63ste huweliksherdenking gevier met 'n spesia­le besoek aan die Tygerberg-­kinderhospitaal in Kaapstad.

Vir die afgelope 18 jaar is die Tutu's baie aktiewe beskermhere van die hospitaal.

Hulle is gereelde besoekers aan die hospitaalsale en versprei sagmoedigheid en liefde onder die kinders en die personeel, lui 'n verklaring deur die Desmond & Leah Tutu Legacy-stigting.

Hul geldinsamelingsprojekte het daartoe bygedra dat die hospitaal 'n duur RetCam kon kry, wat hoë­risiko-babas se oë beskerm en blindheid voorkom, en toerusting vir die pediatriese intensiewe sorg­eenheid waarvoor daar geen finansiering was nie.

As 'n teken van waardering het prof. Mariana Kruger, hoof van pediatrie by die hospitaal, vir Tutu en sy vrou elkeen 'n paar warm serpe vir die winter gegee.

Die Tygerberg-kinderhospitaal is verantwoordelik vir die ver­skaffing van tersiêre mediese sorg aan bykans die helfte van die Wes-Kaapse behoeftige kinders, asook sommige kinders wat van ver af kom.

Die Tutu's het 'n spesiale verhouding met die mediese beroep, in besonder met die Tygerberg-­kinderhospitaal.

Razaan Bailey van die Desmond & Leah Tutu Legacy-stigting sê Tutu en sy vrou het oor die jare aan personeel gesê dat hulle die toewyding en deernis van die mense by die ­Tygerberg-kinderhospitaal buiten­gewoon en opwindend vind.

Ter ere aan die stigters se liefde en respek vir die kinderhospitaal en diegene wat dit laat werk, het die stigting verskeie feestydprojekte in die hospitaal uitgevoer deur die ­fasiliteite in die kangaroe-saal, speelkamer en speelgrond op te knap. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!