Twéé bloumane in een jaar
Afgesien van die verskyning van twee bloumane, waarvan een boonop ’n supermaan is, kan sterrekykers uitsien na ’n rare swartmaan in Februarie, asook ’n totale maansverduistering later vanjaar.
Elvira Hattingh - Nuwejaarsdag se supermaan is die eerste van twee wat vandeesmaand sal voorkom. ’n Super- bloumaan sal vroegoggend op 31 Januarie gesien kan word.
Daarbenewens gebeur iets raar in 2018 – twee bloumane kom voor. Die tweede een verskyn op 31 Maart, nadat dié maand se eerste volmaan op 2 Maart sal skyn.
’n Bloumaan verwys na ’n tweede volmaan in ’n enkele kalendermaand en kom oor die algemeen slegs elke 2,7 jaar voor.
’n Derde seldsame gebeurtenis, wat gepaard gaan met die bloumane in Januarie en Maart, is dat daar geen volmaan in Februarie sal wees nie – iets wat slegs sowat een keer in 20 jaar gebeur en ’n swartmaan genoem word.
Dienooreenkomstig sal dit 15 Februarie nuwemaan wees, maar die naghemel sal maanloos wees omdat dié hemelliggaam eers om 06:08 sal opkom nadat dit op Valentynsdag om 18:42 sal ondergaan.
Die komende super- bloumaan sal plaaslik omstreeks 18:48 op 30 Januarie opkom en op 31 Januarie om 00:28 reg bo in die lug wees. Op sommige vastelande sal ’n totale maansverduistering gesien kan word – maar dit sal nie plaaslik sigbaar wees nie.
Die volgende totale maansverduistering wat plaaslik sigbaar sal wees, sal in die nag van 27/28 Julie vanjaar plaasvind.
Die supermaan van 31 Januarie sal eintlik die derde van drie supermane wees wat in die volgende twee maande voorkom. Afgesien van gister se verskyning het ’n supermaan ook op 3 Desember sy verskyning gemaak.
Nasa verwys na die gebeurtenis as die supermaantrilogie.
’n Supermaan kom voor wanneer dit volmaan is, terwyl die maan terselfdertyd by sy naaste punt aan die aarde verbybeweeg.
Dit word die maan se perigeum of sy aardebaannaastepunt genoem en gebeur omdat die maan se wentelbaan rondom die aarde nie koeëlrond is nie, maar ellipties of ovaalvormig.
Tydens die perigeum is die maan net sowat 356 565 km ver, waar dit andersins gemiddeld 382 900 km van die aarde af geleë is. Dit sal daartoe lei dat die maan sowat 14% groter lyk en tot 30% helderder as gewoonlik sal wees.
- Bronne: space.com, timeanddate.com, cellstop.com.na en eclipse.gsfc.nasa.gov.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie