Twaalf dorpe stap saam vir Bybels
Twaalf dorpe stap saam vir Bybels

Twaalf dorpe stap saam vir Bybels

Henriette Lamprecht
Wanneer die jakarandabome in Oktober begin blom, weet Namibiërs dit is tyd om hul stapskoene af te stof vir die Bybelgenootskap van Namibië se jaarlikse Stap vir Bybels. Dié spesiale geldinsamelingsveldtog vind vanjaar vir die 14de keer plaas.

Die doel van Stap vir Bybels is om Namibiërs van die belangrikheid van Bybels in hul lewens bewus te maak. Dit bly die Bybelgenootskap se passie om in die lig hiervan Bybels teen bekostigbare pryse aan landgenote beskikbaar te stel. Ook word verskeie interaksieprogramme wat op die Bybel fokus, aangebied. Dié programme sluit in uitreike na skole en kerke, jeugprogramme en spesiale uitstallings.

Stap vir Bybels skop Saterdag 28 Oktober om 07:30 by Hoërskool Windhoek se Vegkop-stadion af. Vanjaar stap 12 dorpe oor die res van die land ook saam.

Elke deelnemer ontvang 'n gratis bottel water, asook 'n medalje by die eindpunt. Die eerste 150 inskrywings ontvang 'n gratis geskenkpakkie. Laatregistrasies kan van 06:30 af by Vegkop-stadion gedoen word.

Vir meer inligting, skakel 083 333 7788 of stuur 'n e-pos aan [email protected]. Besoek ook die Bybelgenootskap se Facebookblad.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!