Twaalf landsvlae jaag vir Afrika-glorie
Namibiërs word aangemoedig om hul landgenote se aanslag op Olimpiese kwalifisering te kom aanmoedig.
Andrew Poolman - Die invloed van toeskouers langs die baan – veral kleurvolle, luidrugtige, raserige vlagswaaiers van jou tuisskare – is 'n faktor wat nie onderskat moet word op oomblikke wanneer die deelnemers diep moet grawe nie.
Só het Namibiese ryers in beide die mans en vroue elite klasse beklemtoon in afwagting op môre se Afrika kontinentale bergfietskampioenskap wat in hul eie agterplaas voorlê.
Die voorste ryers van altesame 12 Afrika-lande versamel die naweek by Farm Windhoek IJG Trials in Otjihaverastraat, Kleine Kuppe.
Almal se groot dryfveer is nie net om Afrika-goud vir hul land te beklink nie, maar ook vir hul land 'n plek by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio oop te jaag.
Die reëls vir Olimpiese kwalifisering is redelik gekompliseerd en talle byeenkomste en reekse tot en met die sperdatum van einde Mei volgende jaar sal nog 'n invloed hê voor die finale bevestiging.
Eenvoudig gestel, is die missie vir Olimpiese kwalifisering môre om as die eerste Afrika-ryer oor die eindstreep afgesien van Suid-Afrika klaar te maak. Die suidelike buurland behoort te danke aan sy posisie op die UCI wêreldranglys reeds 'n paar Olimpiese plekke te hê, maar elke individu bly nogtans op die jag vir waardevolle ranglyspunte.
Dit word verwag dat Suid-Afrika, met die grootste span van altesame 46 ryers in alle ouderdomsklasse, sake sal oorheers. Namibië, Botswana, Ivoorkus, Kenia, Lesotho, Marokko, Mauritius, eSwatini, Tunisië, Zambië en Zimbabwe is die ander federasies wat deelnemers ingeskryf het.
Michelle Vorster, wat in 2016 Namibië se eerste vroulike bergfietsryer by die Olimpiese Spele was, sal opnuut haar land se enkele hoop in dié resies wees.
Buiten vir die gedugte Suid-Afrikaanse aanslag wat Mariske Strauss, Cherie Redecker (2018 Afrika-titelhouer), Candice Lill en ander vir die algehele podium insluit, het Vorster se kanse ook deur die ongeluk van 'n gerekende teenstander verbeter.
Mauritius se ervare Aurelie Halbwachs het Maandag tydens 'n oefenlopie teen 'n afdraand geval en kop- en rugbeserings opgedoen wat haar vir die naweek uitgeskakel het.
“Solank ek op my fiets kan bly, glo ek dat ek 'n goeie kans het,” sê Vorster, wat self laas naweek gevaarlik neergeslaan het, maar derde klaar was.
MANSRESIES
Môre se roete bly onveranderd van die een wat laas naweek by die UCI Klas 1-resies by Farm Windhoek gebruik is. Ryers is deur die bank vol lof vir die wêreldklas uitdagende baan wat deur Peter van der Merwe en sy helpers uitgelê is. Ervare jaers op internasionale vlak beskryf dit selfs as die beste wat hulle nóg by 'n Afrika-byeenkoms teëgekom het.
“Die talle opdraande is beslis die moeilike deel, maar die afdraande en hindernisse is ook redelik vinnig en tegnies. Dit is jou kans om te herstel, maar steeds moet jy die heeltyd konsentreer om nie op enige los grond te gly en jou stukkend te val nie,” is die opsomming van Alex Miller, die 18-jarige Namibiese yster van Helmeringhausen.
Miller en die gesoute Xavier Papo (28) is die twee Namibiërs in die mansresies, ná die gedwonge onttrekking van Tristan de Lange vanweë 'n operasie om 'n hartkwaal reg te stel wat tydens die onlangse Cape Epic toegeslaan het.
Suid-Afrika se Alan Hatherly (heersende o.23 wêreldkampioen in veldresies, asook nasionale kampioen) is gewis een van die gunstelinge vir die Groen en Goud in die mansresies, tesame met sy landgenote Wessel Botha, Julian Jessop en Stuart Marais, wat laas naweek hier die podium vol gemaak het.
BORG DEUR DIK EN DUN
Nedbank se mnr. Richard Meeks het gister by 'n mediabekendstelling gesê in die huidige ekonomiese klimaat sou 'n mens kon dink die bank se belegging van bykans N$400 000 in laas naweek en komende naweek se twee byeenkomste sou 'n moeilike besluit gewees het.
“Die werklikheid is egter dat dié besluit reeds 'n aanloop van dertig jaar het, vandat Nedbank Namibië die eerste keer 'n kompeterende fietsrybyeenkoms geborg het. Die feit dat ons vandag 'n aansienryke kontinentale kampioenskap hier aanbied, is juis te danke aan brawe besluitneming, toegewyde vrywilligerswerk en die onblusbare entoesiasme van ons fietsrygemeenskap.
“Nedbank word dikwels geprys vir sy sentrale rol in die sport, maar ons beskou die hardwerkende fietsryers en vrywilligers agter die skerms as die eintlike partye wat lof verdien.”
PROGRAM
Ná 'n laaste oefengeleentheid op die baan vanoggend vir alle jaers (08:00–13:00), klap die eerste wegspringskoot om 14:00 vir die seuns en meisies onder 10, 12, 14 en 16.
Die kategorieë vir subveteraanvroue, veteraanvroue, meestersvroue en grootmeestersvroue word ook vandag in dieselfde resies (vanaf 16:00) afgehandel.
In môre se eerste resies (07:30) tree die subveteraan mans, veteraan mans, meestersmans en grootmeestermans aan.
Hierna volg die amptelike UCI-kategorieë soos volg:
08:45 Junior vroue (vier rondtes)
10:15 Junior mans (vyf rondtes)
12:15 Onder 23 vroue (vier rondtes) en elite vroue (vyf rondtes)
14:15 Onder 23 mans (vyf rondtes)
16:15 Elite mans (sewe rondtes)
Die prysuitdeling is om 18:30.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie