Twaalf tronk toe oor BTW-bedrog
Mamsy Nuuyoma, Noah Naukosho en tien Angolese burgers is Vrydag tot gevangenisstraf gevonnis vir hul betrokkenheid by valse eise vir BTW-terugbetalings.
Kristien Kruger – Die 12 beskuldigdes betrokke by die bedrogspul met eise vir belasting op toegevoegde waarde (BTW), wat die regering sowat N$26 miljoen gekos het, is Vrydag in die Windhoekse hoërhof gevonnis.
Mamsy Nuuyoma (33), haar gewese kêrel, Noah Naukosho, en tien Angolese burgers is in Maart vanjaar skuldig bevind op klagte van bedrog en/of geldwassery.
Waarnemende regter Kobus Miller het elkeen tot gevangenisstraf gevonnis.
AGTERGROND
Die tien Angolese burgers het valse BTW-eise aan die maatskappy Aveshe Consulting ingedien, wat gekontrakteer was om tydens 2014 en 2015 die BTW-eise namens die ministerie van finansies te behartig.
Hulle het vervalste dokumente, insluitend fakture van handelaars en doeane-verklaringsvorms, gebruik en voorgedoen asof hulle goedere in Namibië aangekoop het en dit na Angola uitvoer.
Volgens Miller se uitspraak het die staat daarin geslaag om te bewys dat die tien Angolese, Aveshe en die ministerie van finansies, onder valse voorwendsels genader het en dat Nuuyoma 'n groot rol gespeel het in die verwerking, goedkeuring en uitbetaling van die eise.
NUUYOMA
Nuuyoma is 'n voormalige werknemer van Aveshe Consulting en van die 12 beskuldigdes het sy die langste tronkstraf van 18 jaar ontvang.
Sy is skuldig bevind op 209 klagte van bedrog en was betrokke by valse BTW-eise tot bedrae van sowat N$203 miljoen wat sy by haar vorige werkgewer ingedien het; waarvan ongeveer N$26 miljoen uitbetaal is.
Dit het tydens die verhoor aan die lig gekom die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het van die vervalste fakture gevind gedurende 'n soektog in Desember 2015 van die huis wat Nuuyoma en Naukosho in Windhoek gedeel het.
Nuuyoma is die ma van 'n tweejarige seuntjie en was vry op borgtog tot haar skuldigbevinding in Maart vanjaar.
DOS SANTOS
Joao Manuel dos Santos is een van die Angolese burgers en is Vrydag tot 14 jaar tronkstraf gevonnis.
Hy is skuldig bevind op 49 klagte van bedrog.
Dos Santos het vanaf Januarie tot November 2015 valse eise ter waarde van sowat N$172 miljoen ingedien en het sowat N$13 miljoen ontvang.
Hy is ook skuldig bevind op een klag van geldwassery aangesien hy in 2015 sowat N$2,5 miljoen in Naukosho se bankrekening oorbetaal het.
'n ACC-ondersoekbeampte het getuig Dos Santos het vir hom gesê die betaling in Naukosho se bankrekening was tot Nuuyoma se voordeel.
Hiervoor het Dos Santos en Naukosho elk vyf jaar tronkstraf ontvang. Dos Santos se vyf jaar sal egter gelyklopend met sy 14 jaar tronkstraf uitgedien word.
Dos Santos is sedert sy inhegtenisneming in Desember 2015 in aanhouding.
NEGE ANDER ANGOLESE
Aurelia Nelson Miapia is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis ná sy skuldigbevinding op 22 klagte van bedrog. Miapia het BTW-terugbetalings van sowat N$3 miljoen ontvang.
Zimutu Pembele is skuldig bevind op 24 klagte van bedrog vir valse eise van sowat N$11,3 miljoen, waarvan sowat N$4,8 miljoen aan hom uitbetaal is, en is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis.
Benvido Momafuba het sowat N$828 000 en Malaquias Tomas Rufino sowat N$782 000 se BTW-terugbetalings ontvang en elk is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.
Isaac Cupessala het vier jaar tronkstraf gekry en Carlos Victor Eliseu en Jose Paquete Kapoyola elkeen drie jaar.
Joaquim Pedro Espanhol en Carlos Feliciano is elk tot twee jaar tronkstraf gevonnis.
Die adjunk-aanklaer-generaal Henry Muhongo was die staatsaanklaer en die verdediging se prokureurs was mnre. Kalundu Kamwi, Winnie Christians, Marvin Katuvesirauina, Trevor Brockerhoff, Theo Carolus en Mekumbu Tjiteere.
– [email protected]
FOTO
Mamsy Nuuyoma, Noah Naukosho en tien Angolese burgers is Vrydag tot tronkstraf gevonnis vir hul betrokkenheid by vals eise vir BTW-terugbetalings. Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie