Twee aangekeer in Riedel-saak
Voormalige plaaswerkers is in die Omahekestreek vir die dood van 'n bejaarde egpaar vroeër vanjaar aangekeer.
Henriette Lamprecht – Sewe maande ná ’n bejaarde egpaar op hul plaas in die Omahekestreek doodgebrand het, is twee voormalige plaaswerkers in verband hiermee vasgetrek.
Die 66-jarige me. Brunhild Riedel en haar man, Armin (68), is op 20 Januarie in die opstal op hul plaas, Grunfeld, 17 km oos van Gobabis, dood.
Twee verdagtes maak vandag in die landdroshof op Gobabis hul verskyning op onder meer aanklagte van moord.
Een van die egpaar se seuns, mnr. Burkhard Riedel, het gister gesê die familie is dankbaar en “baie gelukkig” oor die inhegtenisnemings.
Riedel was vol lof vir die betrokke inspekteur wat sy ouers se dood ondersoek het en geen steen onaangeroer gelaat het om die verdagtes vas te trek nie.
“Hy het tot sy verlof gekanselleer en oor naweke gewerk om bewyse bymekaar te kry. Ons as kinders is so dankbaar vir hom wat soveel moeite gedoen het,” het hy in ’n telefoniese gesprek aan Republikein gesê.
Sy ma se liggaam is op ’n bababedjie in die uitgebrande opstal gevind, terwyl dié van haar man voor sy geweerkluis gevind is. Die vermoede is dat die egpaar oorval en vermoor is en dat die huis daarna deur die verdagtes met diesel besprinkel is en aan die brand gesteek is.
’n “Ernstige beroep” is ook op sosiale media en tydens ’n streekslandbou-unievergadering op lede gedoen om vandag tydens die verskyning van die verdagtes ter ondersteuning van die familie by die hof te wees.
“Dis min gevra. Kom dat ons saamtrek, asseblief dat ons as Boerevereniging saam met ons twee lede ons ondersteuning ook aan hulle sal gee,” lui die oproep.
Die koördineerder van misdaadondersoeke in die Omahekestreek, adj.komm. Chris Kalimbula, het bevestig die twee verdagtes maak vandag hul verskyning op onder meer aanklagte van moord en brandstigting.
Intussen is drie verdagtes ook gister op Outjo vasgetrek vir die wreedaardige aanval op ’n boer van die omgewing.
Twee van die verdagtes is na bewering verhoorafwagtend op soortgelyke klagte van poging tot moord en aanranding.
Volgens die ao. Maureen Mbeha, polisiewoordvoerder vir die Otjozondjupastreek, is die 65-jarige mnr. Detlev Doll Woensdagaand omstreeks 19:39 op sy plaas Ekotoweni, 25 km buite Otavi op die Outjo-pad aangeval.
Detlev is ernstig aangerand en na die staatshospitaal op Outjo vir behandeling geneem en gisteroggend ontslaan.
Danksy die Outjo-buurtwag en die polisie se vinnige optrede was die verdagtes gister reeds agter tralies.
Klagtes teen hulle sluit in poging tot moord, gewapende roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie