Twee agtjariges doodgery; baba dood ná val van bed
Die agtjarige Jandi Tjirongo is dood nadat hy deur 'n voertuig omgery is, lui die Namibiese polisie se misdaadverslag. Die ongeluk het Vrydag om 15:00 op die hoofpad tussen Outjo en Khorixas gebeur terwyl hy besig was om die pad oor te steek. Na bewering het die oorledene se pa en nog 'n man die bestuurder met klippe aangerand. Die bestuurder is met ernstige kopwonde in die staatshospitaal op Outjo opgeneem.
• Fernanda Komeni (8) is Saterdag om 13:00 op die hoofpad tussen Ondangwa en Oshikango raakgery nadat sy probeer het om die pad oor te steek. Sy is met haar aankoms by die Engela-distrikshospitaal dood verklaar.
• Saterdag om 15:00 het mnr. Timoteus Indongo (31) beheer oor sy voertuig verloor en dit het omgeslaan. Hy is uit die voertuig geslinger en is op die toneel dood, op die grondpad tussen Engoyi en Omunele naby die Oshikulu-nedersetting.
• Mnr. Stephen Kaurumine (57), 'n onderwyser by die Primêre Skool Gam, is Saterdag omstreeks 16:00 dood toe sy voertuig omgeslaan het. Hy het na bewering beheer oor sy voertuig om 'n draai op die grondpad tussen Gam en Tsumkwe verloor en het op die toneel beswyk.
MOORD, ONGELUKKE TUIS
Mnr. Immanuel Amutse (34) is Vrydag omstreeks 19:50 by 'n huis in die Okapanda-nedersetting doodgeskiet; hy is glo in die rug geskiet. Na bewering het hy dronk en met 'n bottel en klippe by die erf aangekom. Amutse het stry gekry met twee veiligheidswagte wat die huis opgepas het en hulle met klippe bestook. Die polisie het beslag op die vuurwapen gelê.
• Michael Swaartbooi (16) het in die oggendure van Saterdag op Maltahöhe aan 'n meswond beswyk. Na bewering is hy die vorige Sondag met 'n mes gesteek en is hy hospitaal toe geneem. 'n Negentienjarige meisie is in verband met die voorval in hegtenis geneem.
• 'n Eenjarige babameisie, Magdalena Uukunde, is dood nadat sy van die bed afgeval het waar haar ouma haar gelos het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie