Twee Bokke gou weer Leeus
Superrugby
Christo Buchner - Dis amptelik: Die Leeus se onderhandelings om 'n voormalige kaptein en flank van die span, Jaco Kriel, terug te lok na die Goudstad, is in 'n gevorderde stadium.
Kriel was een van 'n handvol rugbyspelers wat deur die voormalige Leeus-breier Johan Ackermann na sy Engelse klub Gloucester gelok is.
Rudolf Straeuli, die Leeus se uitvoerende hoof, het bevestig onderhandelings is ver gevorder om Kriel weer by die Leeus te kry.
Hy het bevestig dat nóg 'n Bok-losvoorspeler wat in 'n stadium sy rugby vir die Rooibontes gespeel het, Willem Alberts, nou gewis vir die res van die seisoen deel van hul groep sal wees.
Alberts het sy kontraktuele verpligtinge by Stade Francais in Parys afgehandel en keer nou na Suid-Afrika terug waar hy by die Leeus sal inval.
Volgens Straeuli sal hy en Kriel nie te ver in die toekoms nie vir die Leeus oorweeg kan word.
Daar was ook bevestiging dat Jannie du Plessis nie sal terugkeer na sy Franse klub, Montpellier, nie en hy vertrek vandag saam met die Leeus na Buenos Aires vir hul eerste Superwedstryd van die seisoen daar Saterdag teen die Jaguares.
Volgens Straeuli word nog met 'n aantal hoëprofiel-spelers onderhandel. “Ons het nog tot 1 April om spelers te kontrakteer wat vir ons in die Superreeks kan speel. Ek kan egter nie nou enige name bekend maak nie,” sê hy.
Die groep wat Buenos Aires toe vlieg, sal deur die Springbok-losskakel Elton Jantjies aangevoer word.
Straeuli het egter beklemtoon dat hy nie vir die seisoen aangestel is as kaptein nie.
“In hierdie stadium kondig ons week vir week 'n kaptein aan,” het hy gesê.
Dit skep die indruk dat wanneer Kriel terugkeer, hy moontlik sommer weer die leisels sal oorneem en dat Jantjies vir nou net 'n tydelike kaptein is.
Die heelagter Tiaan Swanepoel, asook die senter Dan Kriel en die skrumskakels André Warner en Morné van den Berg, is van die nuwe gesigte agterlangs in die Supergroep.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie