Twee buitelanders vas oor ses olifanttande
'n Zambiër en 'n Mosambiekse burger is glo verlede week met ses olifanttande in hul besit op Katima Mulilo in hegtenis geneem.
Volgens die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se weeklikse misdaadverslag van 27 April tot 3 Mei, is mnre. Pani Kavi van Mosambiek en Mulita Kapingro van Zambië die vermeende ivoorsmokkelaars.
Hulle is twee van die ses verdagtes wat verlede week in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem is. Volgens die verslag is drie nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak.
Twee van die verdagtes is vasgetrek in verband met renosterstropery, pogings daartoe, of -horingsmokkelary.
Nóg twee van die ses verdagtes is in verband met die onwettige besit van luiperdvelle in hegtenis geneem. Mnr. Isaacs Albertus is verlede Maandag in Katutura in die hoofstad glo met een luiperdvel in sy besit betrap.
Op Okahandja is mnr. Fulgentius Kandjimi verlede Woensdag glo met een luiperdvel en ongespesifiseerde beendere in hegtenis geneem. Die polisie het beslag op sy voertuig gelê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie