Twee Chinese bly in aanhouding
Twee Chinese bly in aanhouding

Twee Chinese bly in aanhouding

Twee mans van China wat Donderdag in Windhoek tydens ’n polisieklopjag met twee renosterhorings in hul besit betrap is, het gister in die Windhoekse landdroshof verskyn.
Francoise Steynberg
Jacqueline Louw - Twee Chinese mans, mnre. Lu Yonghui (41) en Chen Nan (29), het gister vlugtig hul eerste verskyning in die Windhoekse landdroshof gemaak nadat hulle verlede week in verband met die besit van twee renosterhorings in hegtenis geneem is.

Beide Lu en Chen staan tereg op klagte dat hulle artikel 4(1) van die Wet op Beheerde Wildprodukte en Handel No. 9 van 2008 oortree het deurdat twee renosterhorings van 5,05 kg ter waarde van N$404 000 in hul besit gevind is.

Die twee mans is Donderdag omstreeks 22:00 by Berghof-woonstel No. 4 in die Eros-woonbuurt in Windhoek in hegtenis toe hulle na bewering onwettig en met opset twee renosterhorings en 'n haelgeweer in hul besit gehad of daarmee handel gedryf het sonder dat hulle enige permit gehad het.

Staatsaanklaer Rowan van Wyk het gister borgtog teengestaan: "Die beskuldigdes kan vlug en weens die ernstige aard van die klag is dit nie in openbare belang dat hulle borgtog toegestaan word nie."

Die beskuldigdes bly in aanhouding by die Windhoekse polisiekantoor. Hul saak is tot 13 Februarie uitgestel wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Landdros Eden Iyambo is op die bank. Regsverteenwoordigers Mbushandje Ntinda verskyn namens Lu en Kadhila Amoomo vir Chen.

Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, is die klopjag Donderdagaand uitgevoer nadat die woonstel onder polisiewaarneming was. Dit was 'n gesamentlike operasie tussen die Namibiese polisie en die Windhoekse stadspolisie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!