Twee Chinese borgtog geweier
Francoise Steynberg - Die twee Chinese burgers wat vandag weens moord op 'n Namibiese man in die Rundu-landdroshof verskyn het, bly in aanhouding.
Mnre. Chen Xuefeng (29) en Zhou Zhenhai (31) het vandag voor landdros Sonia Sampofu op klagte van moord en die onwettige besit van 'n vuurwapen verskyn ná die skietdood van mnr. Andreas Hausiku (32) Woensdag in die Andara-nedersetting in die Kavango-Oosstreek.
Die landdros het die saak tot 22 Julie vir verdere ondersoek uitgestel en nie borgtog aan die twee beskuldigdes toegestaan nie.
Me. Lena Shilongo van Metcalfe Attorneys verdedig die Chinese en mnr. Steven Haradoeb kla aan.
Die saak spruit uit 'n salarisgeskil tussen die slagoffer van Divundu en sy Chinese werkgewer wat in 'n onderonsie ontaard het. Die Chinese werkgewer het sy vriend gebel wat glo met 'n handwapen opgedaag het waarmee Hausiku geskiet is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie