Twee Chinese, een Namibiër bly in aanhouding

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Twee van die drie Chinese mans en 'n Namibiër van Walvisbaai wat teregstaan op klagte van bedrog en geldwassery het gister vlugtig in die landdroshof in Windhoek verskyn.

Die sake teen die beskuldigdes is deur die staat saamgevoeg in een saak. Mnre. Tao Huizhong, Jinrong Haung en Julius Laurentius het vir die kameras gekoes en was duidelik nie gretig om deur die fotograwe by die hof afgeneem te word nie.

Die vierde beskuldigde, mnr. Zhu Honggang, is tydens sy ver­skyning in die hof op Ondangwa op borgtog van N$500 000 vrygelaat. Hy was Dinsdag saam met Laurentius in die hof in Windhoek. Republikein het Woensdag verkeerdelik berig dat Tao in die hof was.

Die drie, Tao, Jinrong en Laurentius, bly in aanhouding en sal die nuwe jaar agter tralies verwelkom. Die hofverrigtinge word Dinsdag hervat wanneer die regsverteenwoordigers van die beskuldigdes, adv. Louis Botes SC, namens Laurentius, en mnr. Sisa Namandje, namens die twee Chinese, formeel om borgtog sal aansoek doen.

Die staat staan borgtog teen, maar regsverteenwoordigers van die beskuldigdes meen daar is geen rede om borgtog te weier nie aangesien 'n hof op Ondangwa­ reeds aan die vierde beskuldigde borgtog toegestaan het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!