Twee Chinese verskyn oor ivoor
Terwyl nóg drie olifante verlede week in die Kavango-Oosstreek gestroop is, het twee Chinese beskuldigdes in die Windhoekse landdroshof vir die onwettige besit en uitvoer van beheerde wildprodukte verskyn.
Francoise Steynberg - Twee Chinese mans het Vrydag in die Windhoekse landdroshof verskyn nadat hulle Woensdag met ivoor by ''n padblokkade betrap is.
Hulle is borgtog geweier.
Volgens ''n woordvoerder van die polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het die twee Chinese, mnre. Xi Xinxi (47) en Zhang Ruhe (60), probeer om die ivoor in koffieblikke uit te smokkel.
“Hulle is tussen 12:00 en 14:00 Woensdag by die padblokkade by Kapps Farm op pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in hegtenis geneem. Die polisie by die padblokkade het snuf in die neus gekry toe hulle die koffieblikke sien,” het Kanguatjivi gesê.
“Die mans het die olifanttande in klein stukkies gesny, in plastieksakke toegedraai en in koffieblikke versteek. Koffiepoeier is bo-oor gestrooi.”
Die hoeveelheid en waarde van die olifanttande is onbekend.
BORGTOG TEENGESTAAN
Die twee Chinese is van die onwettige besit en uitvoer van beheerde wildprodukte aangekla.
Hul regsverteenwoordiger, me. Uno Katjipuka, het gevra dat haar kliënte op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat word.
Staatsaanklaer Hans Tourob het borgtog ten sterkste teengestaan: “Dit is ''n baie ernstige oortreding en in die belang van die publiek dat hulle nie op borgtog vrygelaat word nie. Hulle is buitelanders en een beskuldigde sou permanent die land verlaat.”
Tourob het ook verwys na ''n ander Chinese burger wat tans in aanhouding in Suid-Afrika is nadat hy by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met 18 renosterhorings deurgeglip het en op die Internasionale Lughawe O.R. Tambo in Johannesburg in hegtenis geneem is.
Die beskuldigdes gaan weer Vrydag om borgtog aansoek doen, maar intussen bly hulle in aahouding in die Windhoek-gevangenis.
Landdros Jo-Rina Jagger het die saak vir verdere ondersoek tot 24 Februarie uitgestel.
Volgens Kanguatjivi sou die twee Chinese ''n vlug vanaf Hosea Kutako na China haal.
Kanguatjivi sê die polisie by die padblokkade was op hul hoede veral ná ''n vorige voorval toe nóg ''n Chinese man, mnr. Ye Zhiwei (28), op 23 November met 18 renosterhorings deur dieselfde padblokkade geglip het.
By Hosea Kutako het hy vroegoggend met sy tasse met die renosterhorings glo voor die oë van sersant Pendapala Abraham Iitula (42) verbygegaan wat die skandeerders beman het, volgens die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC).
Ye is op O.R. Tambo deur die Valke vasgetrek toe hy ''n vlug Hongkong toe wou haal. Hy is steeds in aanhouding en verskyn weer op 13 Desember in die hof op Kemptonpark in Gauteng om aansoek om borgtog te doen.
Iitula is op 30 November by Hosea Kutako in hegtenis geneem en het twee dae later vir dwarsboming van die gereg en regsverydeling in die Katutura-landdroshof verskyn. Hy is op borgtog van N$2 000 vrygelaat en verskyn weer op 3 Februarie in die hof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie