Twee Christene suid van Kaïro doodgeskiet
‘n Gemaskerde gewapende man het Maandag twee Christen-broers by hul drankwinkel suid van Kaïro in Egipte doodgeskiet, het veiligheidsmagte bekend gemaak.
Die voorval kom enkele dae ná aanvalle op ‘n Koptiese kerk en ‘n ander winkel in Christene se besit ook suid van die Egiptiese hoofstad waarin tien mense dood is. Veiligheidsmagte staal hulself vir aanvalle teen die Arabiese wêreld se grootste Christen-minderheid voor Ortodokse Kersvieringe begin.
Daar was geen onmiddellike aansprake van verantwoordelikheid vir die jongste aanval nie. Die Islamitiese Staat-groep (IS) het aanspreeklikheid vir Vrydag se aanval op die Koptiese Kerk in Helwan, oos van Giza aan die buitewyke van Kaïro aan die ander kant van die Nylrivier aanvaar.
Egipte se groot Christen-minderheid is die afgelope jare toenemend deur Islamitiese militante, insluitende IS, geteiken wat ‘n insurgensie in die noorde van die afgeleë Sinai-skiereiland voer.
Die verkoop en gebruik van alkohol is wettig in Egipte en dit word in spesialis-winkels of by gelisensieerde persele verkoop. Sommige Islamiete sê dit moet verban word omdat dit ingevolge Islam verbied word. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie