Twee dood in ontploffing in Adana
Twee dood in ontploffing in Adana

Twee dood in ontploffing in Adana

Turkye
Estelle de Bruyn
''n Ontploffing het gister die lewe van twee mense geëis en meer as ''n dosyn gewond buite die kantore van die goewerneur in die suidelike Turkse stad Adana, enkele weke nadat Amerika gewaarsku het dat ekstremistiese groepe aanvalle beplan.

Video-materiaal wys voertuie wat aan die brand is in die parkeerarea buite die gebou en dik, swart rookkolomme wat bo die stad, ongeveer 40 kilometer van Turkye se Middellandse See-kus af, hang. Die vensters van die gebou is uitgeruk en die fasade van die gebou, ongeveer ses verdiepings hoog, is weggeblaas.

Adana is ongeveer 16 kilometer van die Incirlik-lugmagbasis wat deur die Amerikaanse magte gebruik word om aanvalle teen die Islamitiese Staat-groep (IS) in Sirië uit te voer.

Niemand het onmiddellik aanspreeklikheid aanvaar nie. Koerde, IS en linkse militante het almal in onlangse jare bomaanvalle in Turkye uitgevoer. -Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!