Twee Duitsers ontvoer
Opknappingswerk aan die lughawe van Abuja in Nigerië sal daartoe lei dat vliegtuie vir ses weke elders in 'n gevaarlike gebied moet land.
Twee Duitse argeoloë is Woensdag in sentraal Nigerië naby die pad tussen Abuja en die tydelike lughawe op Kaduna ontvoer.
Abuja se hooflughawe sal vanaf 8 Maart vir ses weke gesluit wees vir opknappingswerk en vlugte sal na die stad Kaduna, ongeveer 160 noord van Abuja, herlei word.
Hierdie reëlings het tot kommer oor veiligheid gelei. Passasiers onderweg na Abuja sal vir die tydperk na Kaduna moet vlieg en vervoer word met busse wat deur veiligheidsmagte bewaak word, op 'n pad waar verskeie ontvoerings die afgelope jare plaasgevind het.
Ontvoerings vir omkoopgeld is 'n algemene probleem in dele van Nigerië.
Die argeoloë was besig met opgrawingswerk by die Jajela-nedersetting, ongeveer 30 kilometer van die Abuja-Kaduna-pad.
Volgens 'n polisiewoordvoerder word alles moontlik gedoen om hulle te red. Tot dusver is geen eise vir lospryse ontvang nie.
Verskeie lugrederye het reeds aangekondig dat hulle nie na die tydelike lughawe by Kaduna sal vlieg nie en sommige ambassades beplan om die reise van personeel aansienlik in te kort terwyl Abuja se lughawe herstel word. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie