Twee fetusse die naweek weggegooi
Drie mense het in drie afsonderlike padongelukke gesterf, waartydens voertuie omgeslaan het.
Tanja Bause – Twee fetusse is die naweek in die Windhoek-omgewing gevind.
Volgens die polisie se misdaadverslag is ’n fetus Vrydag om 08:00 in die bosse langs die B1-hoofpad, sowat twee kilometer buite Windhoek, gevind.
’n Lid van die publiek het in die bosse gestap toe hy die gru-ontdekking maak, en het die polisie daarvan in kennis gestel.
Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Nog ’n fetus is Saterdag om 11:00 by die Kupferberg-asgate gevind.
Dié fetus was in ’n kartondoos en het reeds besig ontbind.
Niemand is al in verband hiermee in hegtenis geneem nie.
Omkopery
’n Chinese burger (39) is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om ’n verkeersbeampte om te koop. Die man, wat glo in diens van die Chinese Harbour Engineering Company (CHEC) is, is om 10:50 in Unionstraat op Walvisbaai van die pad af getrek. Hy het die verkeersbeampte glo ’n N$200-noot aangebied om nie ’n boete te kry nie, omdat hy glo nie in besit van ’n wettige rybewys was nie.
Geslagsgeweld
Saterdag om 01:00 het ’n 28-jarige vrou se man haar in die Omutwewondjaba-nedersetting by Eenhana glo met ’n panga in die gesig en op haar hande gekap. Die verdagte het ’n man (36), wat die vrou probeer help het, se oor glo afgesny.
Die man en vrou besit na wat verneem word ’n huis in die Okavele-nedersetting.
Die vrou het die huis sowat ’n maand gelede verlaat omdat haar man haar na bewering misbruik het.
Sy het na haar oom se huis getrek waar die beweerde aanval plaasgevind het.
Die verdagte (37) het homself om 06:30 aan die polisie in Eenhana oorhandig en is in hegtenis geneem.
Sy vrou is in ’n kritieke toestand in die Oshakati- intermediêre hospitaal opgeneem.
’n Vrou het die sinkhuis wat sy met haar kêrel in die Epako-woonbuurt op Gobabis deel, glo aan die brand gesteek.
Mnr. Paul Engelbrecht (37), wat na wat verneem word in die huis gelê en slaap het, het doodgebrand. Die verdagte, wat in hegtenis geneem is, en die slagoffer het glo vooraf gestry oor wie die sinkhuis besit.
Saterdag om 03:00 is ’n 23-jarige vrou glo in die Usab-nedersetting op Karibib verkrag. Die vrou wou glo van ’n kroeg af huis toe gaan toe ’n onbekende man haar gevra het om hom na ’n ander kroeg te vergesel.
Hy het haar toe na bewering langs ’n treinspoor verkrag.
Die slagoffer is na die Karibib-kliniek vir mediese behandeling geneem en niemand is al in hegtenis geneem nie.
Moord
Saterdag om 09:30 het ’n verbyganger mnr. Martin Ikukutu se lyk langs die grondpad naby Bokomo in die hoofstad gevind. Hy het slegs ’n kortbroek aangehad. Hy is vermoedelik met ’n draad om sy nek verwurg. Die laaste wat hy lewend gesien is, was glo Vrydag by ’n partytjie in Okuryanagava. Hy het na wat verneem word baie geld by hom gehad. Niemand is in hegtenis geneem nie.
Mnr. Muronga Hafeni (32) het Vrydag om 03:30 in die Katjinakatji-nedersetting in Mururani gesterf ná hy na bewering twee keer met ’n tradisionele mes in die rug gesteek is.
Hy is glo ook met ’n leë bottel oor die kop geslaan. Die verdagtes het na wat verneem word ’n 33-jarige man met ’n mes in die skouer gesteek.
Twee mans (19 en 23) is in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Ongelukke
Mnr. Andreas Armas (56) het Vrydag om 22:00 in ’n motorongeluk gesterf. Hy het op die hoofpad tussen Okahao en Oshakati gery toe hy vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor het en die voertuig omgeslaan het. Hy was alleen in die voertuig.
’n Sedan met vier insittendes het Sondag om 12:00 op die hoofpad tussen Otjiwarongo en Walvisbaai omgeslaan.
Een van die agterste bande het vermoedelik sowat 15 km buite Omaruru gebars.
Me. Florida Areses (33) het op die toneel gesterf.
Die bestuurder (24), ’n 23-jarige vrou en ’n vyfjarige meisie is lig beseer.
Sondag is ’n 41-jarige man dood ná hy na bewering van ’n bakkie afgeval het. Die voorval het om 21:20 in die Onaanda-nedersetting plaasgevind.
Die bestuurder was glo ’n 27-jarige Angolese burger. Die oorledene se naasbestaandes is nog nie van sy dood in kennis gestel nie.
Me. Christa Reitz (36) het Sondag in ’n motorongeluk gesterf toe die voertuig waarin sy ’n passasier was, omgeslaan het.
Die ongeluk het om 17:00 op die D269-grondpad na Ariamsvlei plaasgevind.
Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig in ’n draai verloor en dit het omgeslaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie