Twee Fishrot-manne se appèl weer uitgestel
Regter Orben Sibeya het homself aan die appelaansoek van Esau en Hatuikulipi onttrek weens ’n ander saak wat sy betrokkenheid by dié aansoek belemmer.
Kristien Kruger – Mnr. Bernard Esau (63), die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, en sy skoonseun, mnr. Tamson Hatuikulipi (39), se appèlaansoek teen die landdroshof se besluit om hul borgtogaansoek te weier, is Vrydag in die hoërhof in Windhoek tot 7 Desember uitgestel.
Volgens Esau en Hatuikulipi se regsverteenwoordiger, mnr. Richard Metcalfe, is dit die derde keer wat die saak uitgestel word weens die onbeskikbaarheid van regters.
“Hoewel die saak tot 7 Desember uitgestel is, sal die appèlverhoor heel moontlik eers volgende jaar voor die hof kan dien,” het regter Marlene Tommasi Vrydag gesê.
REGTER ONTTREK
Die waarnemende regter Orben Sibeya, wat saam met Tommasi die saak aangehoor het, het gesê dat hy homself aan die saak onttrek omdat hy 'n ander saak met betrekking tot die Fishrot-skandaal hanteer het en dit sy betrokkenheid by dié saak kniehalter.
Metcalfe het Vrydag in die hof tydens die herskedulering van ’n hofdatum vir uitstel vir Tommasi gevra om die beskuldigdes se situasie in ag te neem.
“Die aansoek is reeds vyf maande gelede by die hof ingedien en terwyl die saak herhaaldelik uitgestel word, moet my kliënte, wat onskuldig is tot skuldig bevind word, in aanhouding bly,” het hy gesê.
“Die saak sal so gou moontlik afgehandel word,” het Tommasi hom verseker.
Esau en Hatuikulipi sal op 27 November een jaar in aanhouding wees.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie