Twee 'gemsbokstropers' kry borgtog
Francoise Steynberg - Twee van die drie verdagtes wat Donderdagoggend in die omgewing van Omitara met ses gemsbokkarkasse in 'n wit Toyota Prado-voertuig vasgetrek is, is op borgtog van N$2 000 elk vrygelaat
Twee vermeende gemsbokstropers, mnre. Frans Mokwaipe (60) en Willem Sabbata (19), het Vrydag in die rondgaande hof van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako verskyn. Die twee beskuldigdes is op borgtog vrygelaat en die derde verdagte het glo nie in die hof verskyn nie, maar is vroeër vrygelaat.
Mnr. Fritz Kaufmann van Intelligence Support Against Poaching (ISAP), sê die boere is baie ontevrede omdat die beskuldigdes op borgtog vrygelaat is, "veral omdat die boere hul voertuie vir die operasie beskikbaar gestel het en almal saam so hard gewerk het om die verdagtes vas te trek".
'n Helikopter is glo ook beskikbaar gestel om die verdagtes vas te trek wat N$16 000 per uur kos om in die lug te hou.
"Die gemsbokke is onwettig op langplaas (langs die pad) gejag," het Kaufmann gesê, "maar die rede waarom beskuldigdes glo borgtog gekry het, is omdat die bokke op 'n openbare pad gejag is".
Die voorval spruit uit 'n gesamentlike operasie Donderdagoggend van ISAP, polisiebeamptes van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, polisiereserviste, die buurtwag en plaaseienaars ná wildstropery wat gereeld in die Omitara-omgewing plaasvind.
"Die operasie het omstreeks 01:00 begin toe die gesamentlike magte ’n padblokkade op die D1435-pad, sowat 90 km oos van Windhoek, opgestel het. Toe die verdagte voertuig aankom, het die polisie hul blou ligte aangeskakel," het Kaufmann gesê.
Die verdagte voertuig het weggejaag en die polisie het glo op die voertuig geskiet om dit te stop. Die voertuig het toe by die T-aansluiting van die D1535-pad afgejaag en padaanwysingsborde getref voordat dit tot stilstand gekom het.
Ses gemsbokkarkasse is in die 4x4-voertuig gevind, asook ’n semi-outomatiese geweer met ’n knaldemper. Drie verdagtes is in hegtenis geneem en niemand is in die voorval beseer nie.
Die koppe, pote en velle van die gemsbokke is langs die pad gevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie