Twee grotes onttrek aan 2020-Spele
Olimpiese Spele
Die Australiese Olimpiese Komitee (AOC) sê hy sal nie 'n span saamstel vir die Olimpiese Spele in Tokio nie en dat die atlete hulle vir 'n Spele in 2021 moet voorberei.
Matt Carroll, uitvoerende hoof van die AOC, het gister gesê dié besluit is geneem sonder insette van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK), aangesien die omstandighede rondom die Covid-19-pandemie daagliks verander.
“Ons moes nou weens die situasie hier in Australië en in ander wêrelddele 'n besluit neem,” het Carroll aan verslaggewers in Sydney gesê. “Die IOK is egter steeds besig om finaal daaroor te besluit.”
Carroll het bygevoeg dat Australië se besluit sy atlete “sekerheid” sal gee.
“(Hou dit in) 2021, dis 12 maande ... Dit moet 'n somer-Spele wees en dan is daar genoeg tyd (om alle reëlings te finaliseer). Dit is egter 'n besluit vir die IOK,” het hy gesê.
Australië se onttrekking aan die 2020-Spele kom enkele ure nadat Kanada aangekondig het dat hy nie 'n span na die Olimpiese en Paralimpiese Spele sal stuur as dit steeds in vanjaar se somer in die Noordelike Halfrond aangebied word nie.
Volgens die BBC het Kanada se Olimpiese en Paralimpiese Komitee dit as 'n “moeilike besluit” bestempel, maar ook 'n dringende beroep gedoen op die IOK, die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Wêreldgesondheidsorganisasie om die Spele met 'n jaar uit te stel.
MOONTLIKE SCENARIOS
“Ons besef daar is ingewikkelde kwessies betrokke by die uitstel van die Spele, maar niks is belangriker as die gesondheid en veiligheid van ons atlete en die wêreldgemeenskap nie,” het die Kanadese in 'n verklaring gesê.
Japan se premier, Sjinzo Abe, het gister vir die eerste keer gesê dat die Spele dalk uitgestel moet word en nie “volledig” te midde van die pandemie sal kan plaasvind nie.
Die IOK het Sondag gesê hy is besig om verskeie scenarios vir die Spele te oorweeg.
Al meer stemme – onder wie vername rolspelers soos Amerika en Brittanje se atletiekfederasies en etlike nasionale Olimpiese liggame – het sedert die naweek ten gunste van die uitstel van die Spele in Tokio opgeklink.
Meer as 13 000 mense het reeds wêreldwyd aan Covid-19 gesterf. – Reuters, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie