Twee hewige botsings vir plek in finaal
Twee hewige botsings vir plek in finaal

Twee hewige botsings vir plek in finaal

Die topvier klubs se staatmakers moet môre opnuut die wa deur die drif trek.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Twee semifinaliste se kans word môre in die Hage Geingob-stadion beëindig om vanjaar in die Namibië Rugby-unie se premierliga-eindstryd betrokke te wees.

Die driemalige kampioen FNB Unam is alte bewus dat hy in Trustco United ’n opponent kry wat nie ’n tree vir hom terugstaan nie. Die Filistyne het vanjaar eers met een punt verloor en daarna op die kampusveld die bordjies gaan verhang.

In laasgenoemde wedstryd het die gewese Goue Leeus-losskakel Earl Rose sake met ’n laat skepdoel verseël. Rose woon egter deesdae op Rundu en sal nie môre weer vir afrigter Jood Opperman op die bank wees nie.

“Ons berei ons voor vir ’n harde wedstryd, want Unam wil ’n punt bewys deur die semifinaal teen ons te wen. Die span wat die minste foute maak en gedissiplineerd bly, sal wen,” het Opperman gister voorspel.

Unam is sonder sy nasionale haker Obert Nortjé en het met die verskuiwing van Rheinhardt Carelse na slot ’n klem op beweeglikheid geplaas.

Die ander semifinaal tussen FNB Wanderers en FNB Western Suburbs is ’n ewe ernstige saak tussen die twee spanne wat die land die afgelope twee jare in die SA Rugby Gold Cup verteenwoordig het.

Die Wit Hingste moes onder meer ’n nuwe senterpaar aanwys. Hoewel Johann Tromp dié keer nie uit die nasionale groep vrygestel is nie, het Wanderers ’n ewe bekwame plaasvervanger in die persoon van David Philander teruggekry. Francois Wiese het as binnesenter goed gespeel teen Unam en hoewel hy afwesig is om ’n troue by te woon, behoort Enem Kritzinger sonder drama in te skakel.

In die enigste verandering voorlangs het Christo van der Merwe laas naweek knieligamente beseer en is Dirk de Meyer uit die tweede span opgetrek.

Die Suburbs-span het gehalte voor én agter en dis nie onmoontlik dat hy môre sy derde oorwinning vanjaar teen die wit truie behaal nie.

FNB Unam: 15 Lorenzo Louis, 14 Chess Lawrence, 13 Milaan van Wyk, 12 Camlo Martin, 11 Denver Murorua, 10 Helarius Kisting, 9 Cameron Klassen, 8 Bradley Klazen, 7 Freddy Puriza, 6 Renaud van Neel, 5 Rheinhardt Carelse, 4 Muniovita Kasiringua, 3 Hauta Veii, 2 Jeandre Cloete, 1 Tjino Tjirare.

Reserwes: Immanuel Samuel, Hilwen Fourie, Graham April, Kami Mieze, Nic Kotzee, Sunday Haitembu, Shareave Titus.

FNB Wanderers: 15 Jamie Joseph, 14 Rudie Pretorius, 13 David Philander, 12 Enem Kritzinger, 11 Janry du Toit, 10 Stiaan van der Merwe (o.kapt), 9 Dian von Solms, 8 Adriaan Booysen, 7 Dirk de Meyer, 6 Driaan Vorster, 5 Denzil van Wyk, 4 Stef Botha, 3 Quintin Esterhuizen, 2 Stefan Hattingh, 1 Nian Berg (kapt).

Reserwes: DG Wiese, Christo McNish, Jan Hendrik Augustyn, Johan Meyer, Gurtley Beukes, Mahco Prinsloo, Léan Stoop.

Trustco United: 15 Riaan van Zyl, 14 Stefan Louw, 13 Henry Kandjou, 12 Mbimbo Mbai, 11 Nandivatu Karuuombe, 10 Darryl Vries, 9 Herman Stroh, 8 Shaun van Rooi, 7 Naudé Neethling, 6 Niël van Vuuren, 5 Lionel Nantes, 4 Winmar Rust (kapt), 3 Jason Benade, 2 Jonathan Goliath, 1 Simon Kanime.

Reserwes: Dewald Coetzee, Chris Swanepoel, Jandré Lamprecht, Morné Blom, Tuna Amutenya, Handre Bezuidenhout, Hanreco van Zyl.

FNB Western Suburbs: 15 Nikin Cloete, 14 Dumarcho Hartung, 13 Russell van Wyk, 12 Ricardo Swartz, 11 Collins Omalu, 10 Justin Nel, 9 JC Winkler, 8 Ryan Garoeb (kapt), 7 Uno Katjiuongua, 6 Richard Mupewa, 5 Fidel Micolleney, 4 James Kisting, 3 Andrew Shikonekeni, 2 Roderique Victor, 1 Aleck Botha.

Die semifinaliste se ontmoetings vanjaar:

United 24-25 Unam (by Gemsbokpark, 21 April)

Unam 36-41 United (by Unam, 6 Julie)

Western Suburbs 30-27 Wanderers (by Suburbspark, 24 Maart)

Wanderers 27-33 Western Suburbs (by Wanderers, 2 Junie)

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer