Twee hoërskoolspanne takel SA toernooie
Die o.18-span met mnre. Ainsley Daniels en Herman Grobler as afrigters is die naweek aangekondig.
Andrew Poolman - Tsumeb Gimnasium se agtsteman, William James (WJ) Otto, is as kaptein aangewys van die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se skolespan wat van 1 tot 8 Julie aan die Suid-Afrikaanse onder 18 Akademieweek in Bloemfontein gaan deelneem.
Otto het die afgelope jaar of twee reeds waardevolle ondervinding in beide nasionale vyftien- en sewesspanne opgedoen. Sy onderkaptein is die binnesenter Samuel Poulton van Windhoek Gimnasium.
Windhoek Gimnasium word die sterkste verteenwoordig, met agt spelers en een plaasvervanger, soos die 23-tal vir hul openingswedstryd uiteen gesit is.
Die Akademiespan het 'n mate van ondervinding, aangevul deur jongelinge van wie die meeste reeds deur die ouderdomstelsel vanaf o.13-vlak gevorder het.
Die enigste spelers wat van laas jaar se o.18-toerspan na die Paarl oorgebly het, is Samuel Poulton en stut Herschell van Wyk. Die vleuel Lyle Beukes en agtsteman WJ Otto was verlede jaar lede van die sewesspan wat aan 'n Afrika-toernooi in Algiers gaan deelneem het.
“Verskeie van die seuns was ook al vorige jare kandidate wat toe nie verder as die oefengroep gevorder nie, maar het toe harder gaan werk om te verbeter en het hierdie keer welverdiend die span gehaal,” sê mnr. Ainsley Daniels, wat net soos verlede jaar een van die afrigters is.
“Elke speler moet minstens een volle wedstryd speel, volgens die voorskrifte van die SA Rugby-unie (Saru). Só kry elkeen 'n kans om homself te bewys dat hy vir die derde wedstryd in die beginspan behoort te wees.
“Vanjaar neem Kenia ook deel en ons hoop om beide teen Zimbabwe en Kenia te speel. Ons eerste wedstryd is teen Goue Leeus Platteland en ons glo dat die Namibiese span baie kompeterend sal wees.”
Vandat Namibië, Zimbabwe en drie plattelandse unies ná 2017 eensydig uit die o.18 Cravenweek gesnoei is, is die Akademieweek nou die hoogste vlak van provinsiale kompetisie waaraan die land se rugbyseuns van dié ouderdomsvlak blootgestel word. 'n Bykomende trekpleister vir later vanjaar is die inkomende toer deur Georgië se o.18-span wat Namibië in Augustus in twee internasionale wedstryde op Walvisbaai sal uitdaag.
Die oefengroep is gedurende laas week ná afloop van die proewe ook deur die senior toetsspan se afrigter Phil Davies en kondisioneringsafrigter Wayne Procter onder hande geneem.
Die NSSU o.18-span:
15 Aiden Louw (Windhoek Gimnasium)
14 Lyle Beukes (Windhoek Gimnasium)
13 Lean Rossouw (Windhoek Gimnasium)
12 Samuel Poulton (onderkaptein, Windhoek Gimnasium)
11 Franklin Kharigub (Dr. Lemmer)
10 Geraldo Beukes (WHS)
9 Jahno du Plessis (Windhoek Gimnasium)
8 WJ Otto (kaptein, Tsumeb Gimnasium)
7 Ethan Rittmann-Gaya (Windhoek Gimnasium)
6 Divan van Vreden (Walvisbaai Privaat Hoërskool)
5 Roelof van Niekerk (Walvisbaai Privaat Hoërskool)
4 Sheron Rossouw (WHS)
3 Ashwin Beukes (Windhoek Gimnasium)
2 DP de Jager (Elnatan)
1 Herschell van Wyk (Windhoek Gimnasium)
Reserwes: Dhale Cloete (Windhoek Gimnasium), Danie Opperman (WHS), Jano Otto (Walvisbaai Privaat Hoërskool), Brand Davids (Walvisbaai Privaat Hoërskool), Rowan Jansen (WHS), Jivino Polster (Walvisbaai Privaat Hoërskool), Niel Holtzhausen (Moria Privaatskool), Steward Moller (WHS).
Die o.18's word deur mnre. Ainsley Daniels (WHS) en Herman Grobler (WBPHS) afgerig, met Algenic de Klerk (Jan Möhr) as spanbestuurder.
O.16 GRANT KHOMO-WEEK
Die NSSU se o.16-span is ook aangekondig wat vanaf Maandag 24 tot Vrydag 28 Junie aan die jaarlikse Grant Khomo-week op Witrivier in Mpumalanga sal deelneem. Hul openingswedstryd sal teen die Grens Platteland wees.
15 Naudé Krone (Moria Privaatskool)
14 Jonathan Hanekom (Windhoek Affies)
13 Owen Hawanga (Windhoek Gimnasium)
12 Jurenzo Julius (Paul Roos Gimnasium)
11 Jason Beukes (Windhoek Gimnasium)
10 Ethan Koopman (WHS)
9 Fanus Jurgens (Windhoek Affies)
8 Lamar Beukes (Windhoek Gimnasium)
7 Keanan Januarie (Windhoek Gimnasium)
6 Jacques Simon (Walvisbaai PHS)
5 HJ de Beer (WHS)
4 Franco Vries (De Duine)
3 Herman Coetzee (Windhoek Gimnasium)
2 Luaan Karsten (kaptein, Walvisbaai PHS)
1 Rudi Liebenberg (Elnatan)
Reserwes: Dandre Schreuder (Windhoek Gimnasium), Jayden Jeffery (HTS), Phillipus Iyambo (WHS), Riaan Grové (WHS), Ray-Eez Feris (Dr. Lemmer), Wayne Nell (Windhoek Gimnasium), Maans Steenkamp (Moria Privaatskool), William Claasen (Windhoek Gimnasium).
Die o.16-span sal deur mnre. Morné Rust (Walvisbaai Privaat Hoërskool) en Fernold Bock (Dr. Lemmer) afgerig word, met mnr. Gert de Waal (DHPS) as spanbestuurder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie