Twee in helikopterongeluk beseer
Tanja Bause – 'n Hughes 300-helikopter met registrasie V5-HEH het Vrydag omstreeks 16:40 in 'n boom vasgevlieg. Die ongeluk het op die plaas Môrester, sowat 30 kilometer van die Buitepos-grenspos af, plaasgevind. Twee insittendes was aan boord van die helikopter. Dié inligting is vervat in 'n verslag wat deur mnr. Erickson Nengola, direkteur van vliegtuigondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, vrygestel is.
Volgens kapt. Oskar Plichta, hoofondersoekbeampte van die direktoraat, het die helikopter opgestyg om wild uit die lug met 'n pylgeweer te verdoof. Die 29-jarige passasier het die pylgeweer beman.
“Die helikopter het nie met impak aan die brand geslaan nie, maar is heeltemal verwoes,” het Plichta gesê.
Volgens hom het mense op die grond hulle na die ongelukstoneel gehaas en die 27-jarige vlieënier en sy passasier uit die wrak gehaal.
Die beseerdes is in voertuie gelaai en na die Gobabis-staatshospitaal geneem. Die helikopter het aan mnr. Jannie Swart van Etosha Helikopters, wat vir wildvangdoeleindes gebruik word, behoort.
’n Woordvoerder van die Namibiese polisie, inspekteur Pendukeni Haikali, het mnr. Namlil Bradley as die vlieënier en mnr. Wouter Barnard as die passasier geïdentifiseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie