Twee Keniaanse soldate sterf in ontploffing
Twee Keniaanse soldate sterf in ontploffing

Twee Keniaanse soldate sterf in ontploffing

Die jongste aanval is die tweede in die streek in Januarie.
NAMPA
Twee Keniaanse soldate is dood en drie ander beseer toe die voertuig waarin hulle gery het Saterdag deur ‘n ploftoestel naby die grens met Somalië getref is.

Mohamed Saleh, die noordoostelike streekskoördineerder, het die voorval bevestig en sê die ploftoestel is die werk van Al-Sjabaab-militante in die Garissa-gebied wat aan Somalië grens.

Hy sê ‘n reaksie-eenheid is reeds in die gebied ontplooi om na die militante te soek. Niemand is al aangekeer nie.

Die oorledenes en beseerde slagoffers is per vliegtuig na Nairobi vervoer.

Volgens die gebied se streeksadministrateur is die soektog na Al-Sjabaab-militante verskerp.

Keniaanse veiligheidsmagte wat die grens met Somalië patrolleer word gereeld deur bomontploffings geteiken sedert Kenia in 2011 troepe na Somalië gestuur het om bystand in die stryd teen Al-Sjabaab te verleen.

Die jongste aanval is die tweede in die streek in Januarie. Vroeër vandeesmaand het die terroriste vyf kommunikasietorings verwoes, wat kommunikasie in die gebied aan bande lê.

Troepe van die Keniaanse weermag, wat deel van die Afrika-unie se magte in Somalië is, het begin om uit die land te onttrek as deel van planne om sekere operasies aan Somaliese magte oor te laat. – Nampa/Xinhua

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!