Twee kinders Maandag doodgery
Twee kinders Maandag doodgery

Twee kinders Maandag doodgery

Ronelle Rademeyer
Twee seuns van agt en 11 jaar

is Maandag in twee afsonderlike voorvalle in Namibië doodgery.

Op Keetmanshoop is die agtjarige Thoene James Nicodemus van die Laerskool Krönlein kort voor seweuur die oggend doodgery toe hy Eastlynrylaan in die Krönlein-woonbuurt oorgesteek het.

Thoene is deur 'n voertuig getref waarvan die bestuurder volgens die polisie se misdaadverslag te vinnig gery het. Hy is in hegtenis geneem en van roekelose en nalatige bestuur aangekla.

Maandagaand om seweuur is die 11-jarige Romano Rodney Tjipepa doodgery toe hy die B1-hoofweg tussen Windhoek en Gobabis by die Oamites T-aansluiting oorgesteek het.

Die 39-jarige bestuurder van die voertuig is nie in hegtenis geneem nie, maar die polisie se ondersoek na die voorval duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!