Twee kinders verdrink
Twee kinders verdrink

Twee kinders verdrink

Volgens die polisie se jongste misdaadverslag is onder meer 'n pasgebore baba in 'n puttoilet gegooi.
Twee kinders het onlangs in die land verdrink.

Volgens die polisie se jongste misdaadverslag het die tienjarige Senoritha Pienaar Vrydag om 11:00 in ’n waterput geval en verdrink. Die voorval het in 'n rivierbedding naby die Privaatskool Elnatan by Stampriet plaasgevind. Na bewering het sy, haar suster en niggie krag by die munisipaliteit gaan koop. Op pad terug huis toe het hulle by die waterput gaan sit met hul voete in die water. Terwyl hulle daar gespeel het, het Senoritha ingeval en verdrink.

Mateus Shaanika (twee jaar en nege maande oud) het Saterdag om 17:00 in ’n waterput naby sy opstal in Okahao geval en verdrink. Hy en ander kinders het glo naby die put gespeel toe hy ingeval het.

Volgens die polisie het ’n 25-jarige vrou Sondag om 09:00 in Oniipa geboorte aan ’n babaseuntjie gegee waarna sy hom in ’n puttoilet gegooi het. Die polisie is in kennis gestel wat die baba uit die toilet gered het. Die ma en kind is in die Onandjokwe-staatshospitaal opgeneem.

Die twee-jarige Silas Ankonga is Sondag om 10:00 in die Enongo-nedersetting in Omusati dood nadat hy glo deur ’n skerpioen gesteek is.

Hy en ander kinders het by hul opstal gespeel toe die voorval gebeur het.

Sondag het ’n 22-jarige man sy ma met ’n mes in die arm gesteek. Die voorval het in die Ombili- informele nedersetting op Otjiwarongo plaasgevind. Die ma is vir behandeling in die staatshospitaal van Otjiwarongo opgeneem en die man is in hegtenis geneem.

Saterdag om 22:00 het ’n 21-jarige vrou in die Shamvhura-nedersetting in die Kavango-Oosstreek glo ’n drie weke oue baba ontvoer. Die ma van die baba was besig om te bad toe die vrou die baba ontvoer het en na die Mukuvi-nedersetting geneem het. Sy is Sondag in hegtenis geneem.

Mnr. Lucky Eiseb (28) is Sondag om 18:30 in Hooverstraat in die Goreangab- informele nedersetting in Windhoek met ’n mes doodgesteek. Die verdagte, ’n 32-jarige man, is in hegtenis geneem.

Saterdag om 04:00 is mnr. Therence Augumeb (17) in die Soweto- informele nedersetting in Nomtsoub by Tsumeb deur ’n voertuig doodgery.

Die slagoffer en die verdagte het glo voor die voorval oor ’n meisie by ’n kroeg baklei. Die twee groepe het glo klippe na mekaar gegooi, en die slagoffer en sy vriende het van die kroeg weggehardloop. Die 25-jarige verdagte het hulle met sy voertuig agternagesit. Hy het die slagoffer in die straat sien loop en toe glo oor hom gery. Die verdagte het van die toneel gevlug en is die volgende dag by sy huis in hegtenis geneem.

VERKRAGTINGS

Saterdag om 14:00 het 'n man glo onder die invloed van drank by sy huis in die Bo-dorp- informele nedersetting op Usakos aangekom en sy 17-jarige meisie aangerand en verkrag.

Die 20-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

’n Twaalfjarige meisie is glo Dinsdag in die Saamstaan- informele nedersetting in Omulunga deur haar oupa verkrag. Hy het haar glo na sy huis gelok met die belofte dat hy haar N$5 sal gee. Hy het haar glo toe verkrag. Die voorval is eers Saterdag by die polisie aangemeld en die man is nog nie in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort.

Saterdag tussen 03:00 en 05:00 is ’n 24-jarige vrou glo deur ’n 40-jarige man in die Okawe-nedersetting op Oranjemund verkrag. Hulle woon in dieselfde woonstelblok in verskillende woonstelle. Die man het na bewering toegang tot haar blyplek verkry deur die voordeur wat nie gesluit was nie. Na bewering was beide onder die invloed van drank.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!