Twee kleuters verdrink
Twee kleuters verdrink

Twee kleuters verdrink

Sondag is ’n driejarige meisie in die linkerbeen geskiet ná ’n vuurwapen nie veilig bewaar is nie en kinders dit in die hande gekry het.
Twee kleuters het die afgelope naweek in Namibië verdrink.

Sondag het die eenjarige Kaheva Fernandu se ouers haar glo alleen by die huis agtergelaat terwyl hulle in die mahanguvelde gaan werk het.

Met hul terugkeer het hulle vasgestel die meisie het in ’n emmer water verdrink. Voglens die polisie se misdaadverslag was sy ’n Angolese burger.

Die voorval het in die Onamambulangs-nedersetting in Onesi plaasgevind.

Vrydag omstreeks 19:25 is die driejarige Petrus Hangula dood in ’n poel water in die Eengwena-nedersetting in Omungwelume ontdek. Die polisieondersoek duur voort.

Sondag is ’n driejarige meisie in die linkerbeen geskiet. Die verdagte het sy vuurwapen glo nie op ’n veilige plek gebêre nie, en twee kinders het die wapen in die hande gekry.

’n Skoot het glo afgegaan en die meisie getref. Sy is in die staatshospitaal op Outapi opgeneem. Die voorval het in die Oshifo-needersetting in die Omusatistreek plaasgevind. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

Veediefstal

Vrydag het twee mans glo 12 skape van die plaas Heimat naby Gibeon van die veld af gejaag.

Hulle het die skape glo na ’n ander plaas gejaag en saam met hul kleinvee gesit.

Die skape is teruggevind en die verdagtes (20 en 23) is in hegtenis geneem.

Volgens die polisie het drie plaaswerkers van die plaas Graniet naby Kamanjab Sondag om 11:00 glo ’n bok geslag.

Hulle is na wat verneem word Kamanjab toe om die vleis te verkoop. Ander werkers het hulle glo gesien en hul werkgewer daarvan in kennis gestel.

Die verdagtes (16, 17 en 21) is in hegtenis geneem. Die waarde van die bok is N$800 en die vleis is nie teruggekry nie.

Drie mans is in Kamanjab deur die polisie in hegtenis geneem ná hulle glo ’n gemsbok gejag en geslag het.

Die voorval het op die plaas Ondaura plaasgevind en van die vleis is by een van die verdagtes gevind. Hulle is 17, 18 en 64 jaar oud.

Die gemsbok is N$3 000 werd.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!