Twee kleuters verdrink in dam
Die naweek het 'n man ná 'n rusie met sy meisie homself doodgesteek.
Twee kleuters het die naweek in die Oupili-nedersetting op Okongo verdrink.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het Tulele Hedimbi (1) en Ailly Ndevahoma (2) Vrydag omstreeks 17:00 in 'n gronddam verdrink.
Die twee kleuters, uit verskillende huishoudings, het glo hul ouers by die cuca-winkel gelos en in die nabye omgewing gaan speel.
Saterdag op die Trans Caprivi-hoofpad naby die Shikenge-nedersetting in die Kavango-Oosstreek het die bestuurder van 'n bakkie na bewering beheer oor die voertuig verloor en die bakkie het omgeslaan. Die bakkie het 21 passasiers vervoer. 'n 36-jarige vrou is op die toneel dood. Die oorblywende 20 is ernstig in die ongeluk beseer. Niemand is in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort.
Mnr. Mario //Garoeb (19), 'n plaaswerker op die plaas //Nam-#Abis Pos in die Usakos-omgewing, wou Saterdag omstreeks 10:00 glo 'n stukkende waterpyp regmaak. Hy het die hoofkraan, wat water aan die ander werkershuise verskaf, toegedraai sonder om die werkers in kennis te stel.
Die verdagtes het hom na bewering met pangas en stokke aangeval. Sy tweejarige dogter is ook met 'n klip teen die linkerkant van haar gesig gegooi. Sy is in die staatshospitaal op Usakos behandel en //Garoeb is in 'n kritieke toestand in die Katutura-staatshospitaal.
Saterdag tussen 02:00 en 03:00 het 'n man homself met 'n mes by die Endombo-kampong in Nomtsoub op Tsumeb doodgesteek. Die 25-jarige man het na bewering saam met sy suster en meisie by 'n kroeg gekuier. Terug by die huis het hy en sy meisie 'n rusie gehad. Hulle was glo onder die invloed van drank. Hy het kombuis toe gehardloop, 'n mes gegryp, homself vier keer in die maag gesteek en op die kombuisvloer inmekaargesak. Hy is na die hospitaal geneem, maar is om 03:45 dood.
Saterdag omstreeks 03:00 het 'n 29-jarige vrou vir Kevin Ricardo Zaahl (29) in Rehoboth doodgesteek. Terwyl die slagoffer en sy vrou geslaap het, het die verdagte en twee ander persone glo dronk by hul huis aangekom. Die slagoffer se vrou het glo gevra hoekom hulle die deur afgeskop het. Die twee susters het in 'n rusie betrokke geraak. Zaahl het tussenbeide getree en die verdagte het hom met 'n mes in die bors gesteek. Hy is op die toneel dood en die verdagte is in hegtenis geneem.
ROOF OP OKAKARARA
Vyf verdagtes het Vrydag omstreeks 09:00 na bewering die veiligheidswagte by Shoprite op Okakarara beroof. Die wagte was besig om geld vanaf die winkel na 'n bank te vervoer toe die gewapende verdagtes hul aangehou en van N$188 645.45 beroof het.
Die polisie is onmiddellik in kennis gestel en het met 'n soektog begin. Die verdagtes het na die plaas Wagnog gery en die geld tussen hulle verdeel. Een van die mans is met die geld en die voertuig in hegtenis geneem, terwyl die ander vier verdagtes op die vlug geslaan het. Die polisieondersoek duur voort.
Vrydag moes 'n werknemer van 'n motorhandelaar op Swakopmund 'n Ford Figo-sedanvoertuig Windhoek toe neem en in 'n vertoonlokaal parkeer. Die werknemer het egter nie in Windhoek opgedaag nie en het met die voertuig ter waarde van N$70 000 verdwyn. Die polisieondersoek duur voort.
Verdagtes het Sondag omstreeks 02:00 die ketting van 'n sinkhuis in die Goreangab- informele nedersetting gebreek en toegang tot die huis verkry. Hulle het die huiseienaar met 'n wapen aangehou en hom van drie selfone en N$1 250 kontant beroof. Hulle het ook probeer om hom te verkrag voordat hulle 'n skoot afgevuur en op die vlug geslaan het. Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.
In 'n soortgelyke insident het verdagtes die ketting van 'n sinkhuis in Goreangab op 20 Februarie gebreek en twee vroue met 'n vuurwapen aangehou. Hulle het een van die vroue verkrag voordat hulle op die vlug geslaan het.
Gewapende verdagtes het op 6 Maart dieselfde modus operandi gevolg om toegang tot 'n sinkhuis in die Havana- informele nedersetting te verkry. Hulle het die vrou met 'n panga beseer toe sy haarself probeer beskerm het. Hulle het met gesteelde items op die vlug geslaan. Een skoot is afgevuur.
Dieselfde aand het verdagtes ook in Havana toegang tot 'n sinkhuis verkry en met gesteelde items op die vlug geslaan toe die vrou om hulp begin skree het. Twee skote is afgevuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie