Twee mans probeer glo renoster stroop
Twee Namibiese mans wat na bewering 'n renoster probeer stroop het, is verlede Woensdag met 'n jaggeweer en ammunisie in hegtenis geneem.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid, is mnre. Mbakondja Tjatindi en Matias Kaurikengererua by Oshakati in hegtenis geneem.
Een .303-jaggeweer en 38 van die jaggeweer se patrone, asook 4 patrone van 'n .30-06-jaggeweer en een patroon van 'n R1-aanvalsgeweer is by die twee gekonfiskeer. Hulle is aangekla op die oortreding van die wet op vuurwapens, asook op die sameswering om spesiale beskermde wild, 'n renoster, te jag.
Slegs die een wildmisdaadsaak is in die week van 23 tot 29 Maart aanhangig gemaak.
Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is altesaam nege renosters tot dusver vanjaar gestroop en een olifant is vir sy ivoor afgemaai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie