Twee mans sterf in brande
Twee mans sterf in brande

Twee mans sterf in brande

Die afgelope naweek se misdaad behels onder meer moorde, poging tot moord, aanrandings en 'n babafetus wat in 'n sak gevind is.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Twee mans het die naweek in twee afsonderlike brande in die hoofstad gesterf.
Die eerste brand het Saterdag om 21:23 by 'n huis in Moses Tjitendero­straat in die Olympia-woonbuurt uitgebreek.
Volgens die Namibiese polisie (Nampol) se misdaadverslag het 'n bouer in die huis doodgebrand.
“Die huis word na bewering opgeknap terwyl die bouer in die huis bly en twee sekuriteitswagte oor die perseel wag hou. In die huis was 'n houer met brandstof vir 'n beton­menger. Die bouer het vermoedelik in die huis gerook, wat die brand kon veroorsaak het,” sê Nampol se woordvoerder, hoofinsp. Kauna Shikwambi.
“Die sekuriteitswagte het die brand gesien en 'n harde geskreeu gehoor. Hulle het tevergeefs probeer om die brand met die huis se tuinslang te blus.”
Die oorledene se naasbestaandes is nog nie oor sy dood ingelig nie.
Die tweede voorval het Sondag omstreeks 03:00 in Casambastraat in Otjo­muise se Agste Laan-nedersetting plaasgevind. Dié brand is vermoedelik deur 'n brandende kers veroorsaak.
“Die 23-jarige oorledene, mnr. Denzel Kutaa, was glo vas aan die slaap toe sy sinkhuis begin brand het.”
In Kawasakistraat, Otjomuise, is 'n 16-jarige verstandelik gestremde Vrydag omstreeks 19:00 glo gesodomiseer. Die verdagte (42) is in hegtenis geneem.
In Sigmastraat in die hoofstad se Damara-buurt in Katutura is mnr. Michael Gamseb (22) met 'n mes doodgesteek. Sy broer het hom Vrydag om 23:15 gevind waar hy voor die huis gelê het.
Drie mans is in hegtenis geneem en die bloedbesmeerde mes is in 'n kamer gevind waar die drie glo erg onder die invloed van alkohol gelê en slaap het.
Nog 'n man, mnr. Ronaldt Thomas (22) is Saterdag omstreeks 00:05 met 'n mes by die Erindi-kroeg by die Epako-lokasie in Gobabis gesteek. Hy het in die Gobabis-staatshospitaal aan sy wonde beswyk. 'n Sewentienjarige verdagte is in hegtenis ­geneem.
BABA-SLAGOFFERS
'n Baba, Julia Johannes (een jaar en vier maande oud) het Saterdag omstreeks 17:00 by die Oshitunda-­nedersetting naby Okahao in 'n emmer water verdrink. Haar ma het op haar afgekom.
Op Ondangwa is 'n 23-jarige vrou van aborsie en die verswyging van geboorte aangekla nadat sy glo geboorte geskenk het en die fetus van 'n ses tot sewe maande oue babameisie in 'n sak versteek het. Die fetus is Saterdag om 18:00 gevind.
Twee sake van poging tot moord is die naweek aangemeld. Twee oudgevangenes het Vrydag omstreeks 17:45 in Havana in die hoofstad glo oor borgtoggeld gestry en 'n 29-jarige man is met 'n pistool in sy been gewond. Die verdagte het gevlug.
“Die slagoffer en die verdagte is beste vriende en was saam in die tronk. Die slagoffer is in 'n stabiele toestand in die Katutura-staatshospitaal,” sê Shikwambi.
By Walvisbaai se gholfklub het 'n 42-jarige man glo Saterdag om 09:00 met opset met sy voertuig 'n man (25) teen 'n muur vasgedruk. Die slagoffer se hand is beseer. Daar was glo na bewering voorheen konfrontasie tussen die twee mans. Die verdagte is in hegtenis geneem.
KêREL DREIG MEISIE MET DOOD
'n Man (19) het sy 17-jarige meisie Vrydag om 09:50 glo by Sesfontein aangerand.
“Hy het haar glo met 'n steen aangerand en haar daarna na 'n ashoop geneem waar hy 'n draad aan 'n boom gehang het. Hy het haar glo met die dood gedreig as sy hul verhouding beëindig. Gelukkig het iemand op die toneel opgedaag wat haar gered het,” sê die woordvoerder.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sou gister in die landdroshof op Opuwo verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!