Twee ná Spele vereer
Judo
Judrihano Thuys en Courtney Mouton is as die beste manlike en vroulike vegters bekroon toe die judo-kompetisie by die eerste Nasionale Jeugspele in Windhoek Vrydag afgehandel is.
Thuys, wat in die 60 kg klas vir seuns 16-19 jaar meegeding het, het Granville Olkers geklop om die goue medalje te verwerf.
Veertig judokas was tydens die kompetisie in aksie. Net twee streke (Khomas en Erongo), het in judo meegeding. Kavango-Oos sou ook een kandidaat gehad het, wat egter tydens die Spele in 'n ander sportkode betrokke was.
Die Namibiese Judofederasie (NJF) se president, mnr. Roman Bock, het gesê 'n goeie getal toeskouers het die vegters aangemoedig en die sport eerstehands beleef.
“In die meeste streke word judo nie beoefen nie, maar ons is besig met planne om dit verder in die land te laat versprei. Die sport bring dissipline by die kinders tuis en voeg waarde tot die gemeenskap by,” het hy gesê.
Bock sê die Judofederasie stel die sport in staatskole bekend en hulle het ook reeds skole vir sig- en gehoorgestremdes begin insluit.
Volgens hom het 'n afrigter uit die buiteland reeds aangekom om met die ontwikkeling te help. Bock sê die federasie wag op die aankoms van toerusting uit Europa, om die sport by staatskole verder te vestig.- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie