Twee NDF-vlieëniers beseer in ongeluk

Uitskietstoele geaktiveer
Yandi Du Plessis
Adolf Kaure op Karibib – Twee vlieëniers van die Namibiese weermag (NDF) is beseer nadat die uitskietstoele van ’n Karakorum-8 (K-8) per ongeluk geaktiveer is.

Die uitskietstoele is Donderdagmiddag kort ná opstyging geaktiveer tydens 'n oefening by die nuwe lugmagbasis buite Karibib.

Die minister van verdediging en veterane sake, mnr. Frans Kapofi, het telefonies bevestig ’n NDF-vliegtuig het neergestort.

“Dit het gebeur, ek het dit alreeds bevestig,” het Kapofi gesê.

Die minister het gesê altwee vlieëniers wat aan boord was, is uit die vliegtuig geskiet, en dat almal oorleef het.

“Hulle lewe. Een het beserings opgedoen, maar die beserings word behandel.”

Een vlieënier het na bewering verskeie frakture opgedoen.

Die tyd en oorsaak van die ongeluk is onbekend en die minister wou nie meer inligting oor die voorval bekend maak nie.

“Ek het reeds 'n openbare verklaring oor die kwessie gemaak.”

Die woordvoerder van die ministerie, maj. Tangeni Shikomba, het gesê hy het nie baie inligting oor die ongeluk nie.

'n Ingeligte bron in die Namibiese lugvaartbedryf het egter aan Republikein bevestig die uitskietstoele het kort ná opstyging geaktiveer en die vlieëniers se valskerms kon nie behoorlik ontplooi nie.

Die K-8 is 'n tweesitplek-opleidingstraler en ligte aanvalsvliegtuig wat in China ontwerp word.
[email protected]

FOTO’s
Die minister van verdediging en veteranesake, mnr. Frans Kapofi. Foto Adolf Kaure
'n Militêre vliegtuig van die Namibiese weermag. Foto Wikipedia

Kommentaar

Republikein 2024-11-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 38° Rundu: 23° | 38° Eenhana: 23° | 37° Oshakati: 26° | 34° Ruacana: 23° | 33° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 21° | 32° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 23° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 25° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 22° | 35° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 24° | 35° Lubumbashi: 18° | 31° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 13° | 31° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 22° | 31° Windhoek: 21° | 32° Cape Town: 18° | 22° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 23° | 33° Harare: 18° | 30° #REF! #REF!