Twee potte kook weer in koshuis
Twee potte kook weer in koshuis

Twee potte kook weer in koshuis

Francoise Steynberg
Leerlinge van die Max Makushe Sekondêre Skool in die Kavango-Oosstreek wat verlede week huis toe gestuur is oor stukkende potte, is terug by die skool.

Volgens die skoolhoof, mnr. Godfrey Mukata, is 95% van die 1 206 leerlinge terug by die skool.

Altesaam 1 055 kinders is in die koshuis waar vier industriële elektriese potte en twee koelkamers sedert verlede jaar buite werking is. Byna 400 leerlinge het verlede jaar voedselvergiftiging gekry weens die gebrek aan koelkamers.

Sedert die skool heropen het, kon die kinders slegs brood en tee of sap kry weens die stukkende potte en koelkamers.

"Die koelkamers en twee potte is herstel waarmee die kombuispersoneel nou vir leerlinge kan kos kook," het die skoolhoof gesê.

“Die ander twee potte word nog herstel."

Die onderwysdirekteur in die streek, mnr. Fanuel Kapapero, het ook bevestig dat die leerlinge Sondag terug skool toe is en Maandag weer met klasse begin het.

“Die fondse is aan die maatskappy Berti Investment vrygestel om die elektriese potte en stoorkamers reg te maak,” het hy gesê.

- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!